Avokado Produksie

© Bernard Dupont

Suid-Afrika is een van die groot avokado produsente van die wêreld en omtrent in die 12de plek maar sy jaarlikse produksie van tussen 80 000 en 120 000 ton is ver agter die top-produsent Mexiko se 1,5 miljoen ton.

Statistieke van Avokado Produksie

Die uitvoer skatting vir die 2019-seisoen van Maart tot Oktober is 14,5 miljoen van 4 kg bokse avokado’s, wat neerkom op 58 000 ton altesaam. Derek Donkin uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Subtropiese Kwekersvereniging Assosiasie (SUBTROP) is van mening dat die totale oes van 2019 in die omtrek van 110 000 ton sal wees. Dit sluit in plaaslike uitvoer en vrugte verkoop vir verwerking in avokado puree en olie.

Toekomstige produksie van avokado’s in Suid-Afrika sal na verwagting groei met 'n bykomende 1000 ha - 1500 ha wat jaarliks ​​vir ten minste die volgende 5 jaar vanaf 2019 en verder aan geplant word. Uitvoere sal met meer as 20 miljoen kartonne teen hierdie tempo groei en sal uitbrei so lank as wat die bedryf voort gaan om te groei.

Die grootste deel van nuwe aanplantings in Suid-Afrika is die swart velkleur Hass en Hass-tipe avokado. Nuwe aanplantings van die groen-skil avokado is gemik op die óf vroeë of laat plaaslike mark. 

Die insiggewende 'Avokado Mark - Groei, Ontwikkeling en Voorspelling' se 2019-2024 verslag voorspel 'n toename in avokado gebruik in China.

Reeds in 2017 het China 22% meer as die vorige jaar ingevoer. China voer hoofsaaklik uit Chili, Mexiko en Peru in; al drie lande wat voordelig terme van handel met China het.

Avokado Produksie Areas

©Photo courtesy of the California Avocado Commission

Produksie van avokado’s is hoofsaaklik gekonsentreer in die vogtige, subtropiese gebiede van Limpopo (59%), Mpumalanga (33%) en dele van KwaZulu-Natal (8%). Soos die internasionale en nasionale navraag vir reg deur die jaar se beskikbaarheid van avokado’s toegeneem het, so het aanplantings van nuwe avokado kultivars uitgebrei na ander provinsies soos die Wes en Oos-Kaap provinsies.

Wêreldproduksie van Avokado

Ongeveer 76% van avokado’s word in die Amerikas geproduseer, 11% in Afrika, 9% in Asië en 2% in beide Europa en die Stille - Suidsee Oseaan. Mexiko is die wêreld se grootste produsent van avokado's met 'n skatting van 1,5 miljoen ton uit die globale produksie van 3,2 miljoen ton in 2018.

Suid-Amerika, Colombia, Brasilië, Chili en Argentinië is ook groot produsente van avokado’s met Peru wat 60% van Suid-Amerika se volume uitvoer. Colombia se aanplantings groei teen 'n vinniger tempo as Suid-Afrika sin met 1 500-2 000 ha wat per jaar geplant word. Colombia het ook die grootste uitvoerder van Hass avokado’s in die wêreld geword.

In Afrika produseer Suid-Afrika by die120 000 ton; Kenia produseer 'n skatting van 80 000 ton, Tanzanië en Zimbabwe produseer elk 5000 ton en nuweling Mosambiek by die 1000 ton.

Ander lande wat avokado’s produseer sluit die Filippyne, Australië, Nieu-Seeland, Madagaskar, Mauritius, Madeira, die Kanariese Eilande, die suide van Spanje en die suide van Frankryk, asook Sicilië, Crete, Israel en Egipte in.

Suid-Afrika se Avokado Uitvoere

Tussen 45 en 50% van Suid-Afrika se avokado’s word uitgevoer en 10-15% word verwerk in olie en pulp. Die res word plaaslik verkoop. Die belangrikste invoerlande van Suid-Afrikaanse avokado’s is Europa - veral Nederland, Frankryk en Spanje, die Verenigde Koninkryk, en die Baltiese state met 95% se invoere. Klein volumes word uitgevoer na Afrika, die Midde-Ooste en Hong Kong.

Suid-Afrikaanse nywerhede en die regering is besig om te onderhandel vir marktoegang tot die VSA, China en Japan. Op die oomblik beperk streng fitosanitêre vereistes toegang tot hierdie markte. Peru, as 'n ander suidelike halfrond produsent, is Suid-Afrika se mees ernstigste mededinger beide in volume en tydsberekening vir die verskaffing van avokado’s vir die noordelike halfronde se markte.

Translated by Wilma Koeppen