Appels

© Louise Brodie

Appels is globaal een van die bekendste en mees geproduseerde vrugtesoorte. Die oorsprong van appelbome of Malus pumila is Sentraal-Asië, en appels word al vir eeue in Asië, Europa en Noord-Amerika gekweek. Appelproduksie en verbruik is integraal aan baie kulture en as ‘n vrug het appels kulturele betekenis in baie kulture.

Appels is sagtevrugte wat aan bome groei. Appelbome blom in die lente en word deur bye bestuif. Die eetbare vrugte het ook ‘n eetbare skil en ontwikkel gedurende die lente en somer en word ryp in die laat-somer of vroeë herfs. Appelbome kan van saad gekweek word, maar vir kommersiële produksie word steggies van die verlangde variëteit meer dikwels op siektebestande onderstamme geënt.

Verskillende variëteite word gekweek om aan verskillende smake en spersifieke doeleindes te voorsien, soos bv. om geëet te word as vars vrugte of om mee te kook, sowel as vir sap en die produksie van sider.

Translated by Elna Van Rhyn

Appelproduksie, Suid-Afrika

Appels is een van die gewildste en wydste geproduseerde vrugtesoorte. Hulle word gekweek in gematigde streke oral deur die wêreld, in beide...more