Aartappel Verbouing

© Louise Brodie

Voortplanting

Voortplanting is deur die plant van aartappelmoere of knolle.

Hoe om te plant

Aartappels kan met die hand of ’n meganiese planter geplant word. Plant die aartappelmoere 150 mm diep. Sodra die plante 25 - 30 cm groot is, kan die plante opgeërd word (gooi grond weerskante van die plant om ’n heuweltjie te vorm). Dit sal die stam teen die son beskerm en die ondergrondse knolle teen plae. Operd is wanneer die grond rondom die jong aartappelplante gebruik word om ’n rif te bou waarin die knolle kan ontwikkel. Dit kan meganies of met die hand gedoen word.

Spasiëring

Die aartappelmoere moet tussen 20 - 30 cm van mekaar af in rye van 80 - 100 cm uitmekaar geplant word.

Planttyd

In rypvrye areas kan aartappels vanaf Augustus tot vroeg in Junie die volgende jaar geplant word. In gebiede waar ryp voorkom is die beste tyd vanaf Augustus tot Desember of vroeg in Januarie.

Groeiperiode

110 – 150 dae vanaf planttyd

Bemesting

Met planttyd moet ongeveer 1000 kg 2: 3: 4 (30) toegedien word. Dien toe langs die plantrye. Ses weke na planttyd moet 500 kg KAN toegedien word. Daar is baie goeie organiese bemestingstowwe op die mark vir aartappels.

Besproeiing

Die grond moet klam wees tydens planttyd, maar nie nat nie. Besproei twee keer per week met 30 - 40 mm water. As temperature hoër is en sanderige grond vinnig uitdroog, kan dit tot 3 besproeiing siklusse en 60mm per week vermeerder word. Verminder die besproeiing wanneer die plante naby oestyd is en begin doodgaan.

Translated by Ananda Schoeman