Aartappel Gewasbestuur
Opbrengs (ton per hektaar)
Konserwatief: 15 ton
Gemiddeld: 30 ton
Goed: 40+ ton
Oes
Oes aartappels as die plant heeltemal dood is. Dit kan met die hand gedoen word met ’n tuinvurk of meganiese stroper. Die grond moet net effens klam wees wanneer dit geoes word.
Berging
As die grond droog is, kan aartappels ’n ruk lank in die grond gelos word. Geen besproeiing of reën moet plaasvind nie. Indien die grond nat is, moet die aartappels dadelik geoes word. Sodra dit geoes is, moet dit skoongemaak word en weg van sonlig in ’n donker, koel en droë plek gebêre word.
Plae
Die algemene plae wat by aartappels voorkom is blaaspootjies, aartappelmotte, plantluise en aalwurms.
Siektes
Die algemene siektes wat by aartappels voorkom is donsskimmel, alternaria-vlek, bruinskurf, swartvlek, sagtevrot en bolvrot.
Translated by
Ananda Schoeman