Winnie Mandela

© Dr. Peter Magubane

Haar isiXhosa naam was Nomzamo, "sy wat probeer". Haar volle naam was Nomzamo Winifred Zanyiwe Madikizela.


Winnie Madikizela-Mandela word bo alles onthou as die "Moeder van die Nasie", en vir die stryd wat sy deurgemaak het as die vrou van Nelson Mandela gedurende sy gevangenisskap. Sy het haar loopbaan as 'n maatskaplike werker begin, en sodoende toegetree tot die stryd om, met baie opofferinge en toewyding, die ongeregtighede wat sy rondom haar gesien het, te beveg.


Sy was 'n befaamde vryheidsvegter in eie reg. South Africa Online ® ondersoek haar lewe en bydrae tot die geïntegreerde land waarin ons onsself vandag bevind, van haar nederige begin in die Transkei tot aan die voorpunt van die vryheidsbeweging in Suid-Afrika.

Winnie Mandela – Jongdae

Op 26 September 1936 is Nomzamo Winifred Zanyiwe Madikizela op Bizana, in die deel van die Oos-Kaap wat toe as Transkei bekend gestaan het, ...more

Winnie Mandela 'n Onafhanklike Aktivis

Winnie Mandela se man, Nelson, was voortdurend besig met ANC sake en regsgedinge, en die polisie het gereeld klopjagte op hul huis uitgevoer...more

Winnie Mandela Verban en Geteister

Nelson moes homself versteek, wat die dinamika van hul verhouding dramaties verander het....more

Winnie Mandela Hou aan met die Stryd

Ten spyte van inperkingsbevele wat haar bewegings beperk het, het Winnie Mandela aktief gebly in die stryd teen rasseskeiding....more

Omstredenheid rondom Winnie Mandela

Die klub het met leerlinge van die Daliwonga Hoërskool gebots, wat daartoe gelei het dat Winnie en Nelson Mandela se huis in Orlando-Wes to...more

Winnie se Latere Jare

Nadat Aartsbiskop Desmond Tutu haar gesmeek het om dit te doen, het Winnie die families van beide Stompie Seipei en Abu Baker Asvat, albei s...more