Waatlemoen Saad Olie

© SANBI
Bitterwaatlemoen se botaniese naam is Citrullus lanatus of ‘Kalahari melon’. Ander name vir hierdie inheemse Suid-Afrikaanse vrug is karkoer, makataan, tsamma en ootanga. Bitterwaatlemoen is verwant aan die waatlemoen en word in die droë Kalahari gebied van Suider-Afrika gevind. Die vrugte word deur die San gebruik as ’n bron van water, sowel as ’n vogroom en sonskerm en word deur vee en wild geëet. Die sade is hoog in proteïene (35%) en word gerooster of gemaal en as ’n pap geëet. Die vrugte is rond as dit wild groei, maar meer ovaalvormig as dit gekweek word en is ’n ligte groen kleur met donkergroen strepe.
Die saad produseer ’n ryk geel olie wat in skoonheidsmiddels gebruik word om haargroei te stimuleer en as ’n bestanddeel in seep, terwyl die gemaalde sade as ’n skroproom gebruik word. Bitterwaatlemoensaad olie het soortgelyke vlakke van omega-6 essensiële vetsure (68%) as aandblomolie (72%). Hierdie vetsure het anti-inflammatoriese eienskappe en help met die herstel van vel elastisiteit en die voorkoming van plooie. Dit is ook ’n goeie babaolie. Die olie word verkry deur die uitgedroogde sade te pers. Die grond-kruipende geharde plant het geel blomme en groei goed in onvrugbare, sanderige grond en is bestand teen droogte. Dit is ‘n goeie plant om gronderosie en waterverlies deur verdamping teen te werk.

Mediese Vrywaring

Die inligting is slegs vir opvoedkundige en inligtingdoeleindes en mag nie as mediese advies geïnterpreteer word nie. Dit is nie bedoel om mediese advies of behandeling te vervang wat deur gesondheidswerkers aangebied word nie.

Translated by Ananda Schoeman