Waarvoor word Hennep Gebruik?

©Marinda Louw

Hennep (Hemp) is vir millennia gebruik voor dit in die 1930's verban is deur die moderne Westerse beskawing. Die vesel en olie van die hennep plant is ʼn integrale deel van die ontwikkeling van die mensdom. Tekstiele van hennep vesel is gebruik in die maak van soldate se uniforms, seile en toue vir die skepe van vroeë seevarende ontdekkingsreisigers, vlae en boeke in nuutgestigte kolonies asook die klere van vroeë mynwerkers.

Die voedsame hennep-olie word gebruik in voedsel, velsorg en skoonheidsmiddels, en CBD-bevattende hennep-olie het baie medisinale gebruike. Hennep is ook geplant om gifstowwe uit die grond te onttrek, as deel van wisselboustelsels om grondgesondheid te verbeter en om biobrandstof te vervaardig.

Die grootste gebruik van hennep is vir CBD hennep-olie (23%), dan persoonlike sorg produkte (22%) gevolg deur industriële gebruike (18%).

Hennep as Tekstiel

Die lang, sterk buitenste vesel van die hennep stam word gebruik om stof en tekstiele van te maak. 

Soos weerspieël deur die VSA Nasionale Hennep Assosiasie het die hennep plant die sterkste en langste plant vesel in die wêreld en is lank gebruik voordat nylon in 1937 gepatenteer is. Hemp is bestand teen verrotting en slytasie. Dit is gebruik vir skepe se touwerke, militêre uniforms, valskerms se stewige geweefde materiaal, bagasie en toue se gebruik in die algemeen.

Die oorspronklike Levi jeans is hoofsaaklik gemaak van hennep seildoek vir mynwerkers in Kalifornië. Tydens die Tweede Wêreldoorlog het die Amerikaanse weermag Amerikaanse boere aangemoedig om hennep te plant vir die produksie van tou en tekstiele wat nie as gevolg van die oorlog ingevoer kon word nie. Later, toe die oorlog geëindig het, is al die permitte om hennep te groei gekanselleer.

Hennep stof is drie keer sterker as katoen en kan met fyn linne en katoen gemeng word om materiale van verskillende teksture te lewer.

Hennep Papier

Hennep papier word nie geel met die ouderdom nie, is sterker as hout-gebaseerde papier en kan meer vou duld. Daarbenewens is die gebruik van hennep vir papier meer volhoubaar as hout vesel omdat dit binne vier maande tot volwassenheid groei, wat baie vinniger is as bome.

Hennep in Motors

In 1941 het Henry Ford, die stigter van die Ford Motor Company, 'n motor ontwerp wat aangedryf is deur hennep en ander plant-gebaseerde brandstof en het ook buffers van hennep en ander materiale vir die motors gemaak. In 2019 het die motorvervaardiger Porsche die 718 Cayman GT4 Clubsport bekend gestel met bakwerk wat opgebou is uit hennep vesel en plastiek. Hennep het die koolstofvesel vervang om die plastiek hars te versterk.

Hennep vir Gesondheid

Hennep se CBD olie se mediese gebruik word toegeskryf aan antioksidante, poli-onversadigde vetsure en cannabinoïde wat in die olie wat uit die blomme, blare en stingels onttrek is voorkom. Een van die groot cannabinoïde is CBD wat vir sy anti-inflammatoriese, pyn en naarheid verminderde effekte gebruik word. Hennep se koudgeperste olie uit die sade is hoog in poli-onversadigde vetsure en word gebruik as 'n slaai-olie en in skoonheidsmiddels

Hennep Voedsel

©Marinda Louw

Hennep sade word gebruik in beide mens en dier kos. Dit word koudgepers om 'n uittreksel vir slaai-olie te produseer. Hennep saad poeier (gemaak van die olie se saad koek na olie ontginning) is 'n proteïenryke voedsame meel wat gebruik word in gebak en peuselhappies.

Hennep in die Bounywerheid

©Marinda Louw

Binne-in die hennep stam is 'n dik kalk stof wat HURD genoem word. Hierdie digte materiaal word in die boubedryf gebruik. Gekap in stukkies word hennep HURD met 'n bindmiddel gemeng. Hierdie mengsel word gebruik om stene en velle te maak vir die gebruik as 'n insulasie boumateriaal.

Industriële hennep-olie is 'n ligte olie wat geskik is om as vernis op hout te gebruik. Dit kan ook gebruik word in verf, masjien smeermiddels en ink. Produk toets resultate het getoon hennep-olie klop sintetiese en petroleum-gebaseerde polimeer produkte terwyl hulle baie lae vlakke van giftige en onstabiele organiese samestellings het.

Hennep Produksie in Suid-Afrika

Hennep produkte in Suid-Afrika word almal ingevoer. Tekstiele word in China vervaardig. CBD produkte word uit die VSA ingevoer. Die sade wat baie voedingswaarde het kom uit Duitsland. Hennep saad olie met baie voedingswaarde is afkomstig van Kanada terwyl hennep boumateriaal uit die Verenigde Koninkryk ingevoer word.

Translated by Wilma Koeppen