Voordele en Uitdagings van Suid-Afrikaanse Inheemse Voedselgewasse

© Bernard Dupont
Indigenous fruit like marula are wild-harvested and can provide both nutrients as well as income.

Voordele van Inheemse Voedselgewasse

Voordele sluit in: Meer robuuste gewasse, beter geskik in tye van klimaatsverandering. Inheemse voedselgewasse verskaf ‘n langtermyn voedselsekuriteitsopsie. Dit help om kulturele erfenis en praktyke in stand te hou.
Dit is ‘n buffer teen armoede in landelike gebiede gedurende droogtes en ander gewas-mislukkings. Dit verskaf noodsaaklike mikronutriënte in landelike huishoudings. Daar is potensiële bemarkingsgeleenthede vir nuwe produkte – soos onbytgrane. Dit kan ‘n addisionele inkomste verskaf vir landelike gemeenskappe waar wildevrugtebome in oorvloed is.

Uitdagings vir die Inheemse Voedselbedryf

Uitdaging sluit in: ‘n Tekort aan saad en ander kweekmateriaal. ‘n Daling in die verbruik van inheemse gewasse wat lei tot ‘n vermindering in die produksie van hierdie gewasse.
Die meeste inheemse gewasse word meerendeels ongeprosesseerd verbruik. Dis weens ‘n gebrek aan geskikte verwerkingstegnologie. Ten spyte van die voedingswaarde en ekonomiese waarde van inheemse Suid-Afrikaanse voedselgewasse, is baie min gekommersialiseer. Die gebrek aan die bevordering van hierdie gewasse is een rede waarom hulle nooit die voedselmark betree het nie.
Die meeste inheemse gewasse word steeds geoes waar hulle wild groei in die natuur. Dit mag lei tot die uitsterf van spesies omdat geen poging aangewend word om hulle te beskerm en te bewaar nie.

Translated by Elna Van Rhyn