Voerfasiliteite vir Melkkoeie

©Rykie Visser Agrinet /Gibson Supplies
Terwyl koeie aangekoop word vir ‘n nuwe melkery, moet sekere basiese fasiliteite in plek gekry voordat koeie na die plaas gebring word. Om nuwe strukture op te rig terwyl koeie moet aanpas by ‘n nuwe plaas en voerprogram, sal onnodige spanning op hulle. Dit kan hul melkproduksie benadeel.

Koeie in melk het ‘n plek nodig waar hulle ten minste twee keer per dag kan vreet en gemelk word. Hulle het ook ‘n plek nodig waar hulle kan gaan lê om te rus en te herkou.

Behuisingsfasiliteite word ook benodig vir droë koeie, kalwers en verse van verskillende ouderdomme. Die fasiliteite wat benodig word sal van die voerstelsel afhang.

‘n Weidingstelsel vir Melkkoeie

©Louise Brodie
Vir ‘n weidingstelsel word weidingskampe benodig. Die grootte daarvan sal afhang van hoeveel koeie gemelk word. Ten minste een hektaar weiding word benodig vir elke drie melkkoeie terwyl addisionele weiding benodig word vir droë koeie en verse.

Vir ‘n weidingstelsel word ‘n pomp en besproeiingslyne benodig om weiding te besproei. ‘n Besproeiingstelsel is nodig om die natuurlike reënval aan te vul omdat dit ongereeld voorkom met seisoenale en soms langtermyn droogtes. Stoorspasie is nodig vir besproeiingstoerusting indien dit nie permanent geïnstalleer is nie. Krippe vir drinkwater moet ook in die weidingskampe voorsien word. Krippe kan permanent geïnstalleer word of dit kan verskuifbaar wees.

‘n Nulbeweidingstelsel vir Melkkoeie

‘n Nulbeweidingstelsel is ‘n alternatiewe voerstelsel wat gebruik kan word. Hiervolgens benut koeie glad nie weiding nie en word hulle ‘n totale gemengde rantsoen (TGR) twee maal per dag gevoer. Met ‘n TGR word al die ruvoere, grane-, proteïenbronne, minerale, vitamienes en voeraanvullings in ‘n voermenger gemeng en in voerkrippe aan koeie gevoer.

Koeie word gewoonlik in groepe verdeel en volgens hul produksiestadium gevoer. Verskillende oopkampe word benodig vir lakterende koeie, droë koeie, verse van verskillende ouderdomme en kalwers.
Elke oopkamp het ‘n eie voer- en waterkrip volgens die aantal en grootte van die diere in die verskillende groepe. Voerkrippe vir kalwers sal byvoorbeeld kleiner wees as vir ouer verse.

Die grondoppervlaktes kan grond of van beton wees. Oop kampe met grondoppervalktes benodig ‘n groter spasie as beton vloere, byvoorbeeld 50-100 m2 per dier afhangende van die grondtipe, die hoeveelheid diere in die kamp en die hoeveelheid en verspreiding van die reënval.

Om dreinering te verbeter moet die helling van grondoppervlakte weg vanaf die voerkrip wees.
Indien dit nie die geval is, kan die samedromming van koeie rondom die voerkrippe die grondoppervlakte baie nat en modderig laat word. Dit skep onhigiëniese toestande wat aanleiding tot mastitis kan gee.

‘n Betonblad langs die voerkrip van ten minste 2 - 3 m breed waarop die koeie kan staan om te vreet, sal voorkom dat die area baie modderig raak.

By Dr Carel Muller