Suid-Afrikaanse Inmaak Industrie

©Glenneis Kriel

Die Suid-Afrikaanse Groente en Vrugte Inmaak Vereniging is in Januarie 1954 gestig. Die vereniging bestaan ​​uit 20 lede wat die bladwisselende vrugte - pynappel, groente en tamatie - sektore verteenwoordig. Die belangrikste inmaakvrugte wat in Suid-Afrika geproduseer word is perskes, appelkose, pere, koejawels en pynappels.

Innmaakvrugte Produksiestreke

©Louise Brodie

Die Suid-Afrikaanse pynappelbedryf is klein in wêreldwye terme, met een boer in die Oos-Kaap wat tans verantwoordelik is vir byna 70% van die totale produksie in Suid-Afrika. Pynappels word ook in KwaZulu-Natal geproduseer. Die bedryf is in 2007 'n harde slag toegedien na spore van kadmium gevind is in 'n besending pynappels wat na Europa oppad was, wat gelei het tot al die boere wat sonder 'n mark sit vir hul produkte. Die kontaminasie is gekoppel aan 'n handvol van die boere wat onwetend kunsmis gebruik het wat hierdie swaar metaal bevat.

Suid-Afrika is die grootste uitvoerder van geblikte appelkose en is verantwoordelik vir ongeveer 'n derde van die uitvoer van die wêreld. Die meeste van hierdie appelkose word in die Klein Karoo in die Wes-Kaap geproduseer. Produsente moes egter tot sowat 5 000 ton Bulida appelkose weggooi en bome ontwortel toe die bedryf gedurende die 2013/2014 produksieseisoen in 'n ooraanbod was.

Die meeste van Suid-Afrika se inmaak pere en perskes word in die Wes-Kaap geproduseer, terwyl koejawels in die Wes-Kaap, Mpumalanga en Limpopo provinsies geproduseer word.

Verkope

Die inmaakbedryf is uiters mededingend en kapitaalintensief, wat lei tot slegs 'n handjievol van internasionale verwerkers wat die mark oorheers. Suid-Afrikaanse produsente het gewoonlik 'n medium tot lang termyn aflewering kontrak met een van drie verwerkers wat in Suid Afrika inmaak. Hierdie verwerkers voer meer as 80% van geblikte vrugte regoor die wêreld na Europa en die Verre Ooste uit.

Gebruike

©Marinda Louw

Geblikte vrugte kan geniet word as 'n peuselhappie en ook vir kook, bak of nagereg. Geblikte vrugte en groente is hoog in dieetvesel en navorsing deur die Universiteit van Illinois' Departement Voedselwetenskap en Voeding het gevind dat dit net so gesond as hulle vars eweknieë is.

Die studie is uitgebrei en bygewerk in 1997. Die nuwe studie, die Nutrient Conservation, in blikkies, bevrore en vars kos, ontleed die voedingstatus van 35 geblikte vrugte en groente asook vis.

Vrugte in die studie het appels, appelkose, swartbessies, bloubessies, pomelo’s, mandarin lemoene, perskes, pere, pynappels, pruime, aarbeie, kersies, gestoofde en heel tamaties sowel as olywe ingesluit. Die groente wat ingesluit is is aspersies, beet, wortels, mielies, groenbone, sampioene, ertjies, pampoen, spinasie, patats, en wit aartappels.

Ander studies het egter tot die gevolgtrekking gekom dat die verwarming proses sekere voedingstowwe soos vitamien C en foliensuur asook antioksidante vernietig.

Translated by Wilma Koeppen