Soorte Sampioene

©Louise Brodie

Daar is honderde bewerkte sampioen stamme (meer as 50 spesies) wat internasionaal beskikbaar is, maar Suid-Afrikaanse sampioen produksie fokus net op 'n paar stamme om aan 'n relatief konserwatiewe verbruikers basis te voorsien. Die mees vervaardigde verskeidenheid is die Shiitake sampioen, wat meer as 20% van die globale produksie (hoofsaaklik in China) uitmaak.

In Suid-Afrika bestaan die grootste deel (sowat 90%) van die bewerkte produksie ​​uit die wit knoppie, bruin knoppie sampioen (cremini) en bruin sampioene (portobella of portabello) wat almal deel is van die genus Agaricus. Sowat 8 - 10% van die kommersiële sampioen kleinhandelsmark bestaan ​​uit eksotiese sampioene, insluitend oestersampioene (Pleurotus spp), shimeji en Shiitake (Lentinula spp).

Plantkundig gesproke is portobella/portabello en crimini sampioene (ook bekend as portabellini) dieselfde sampioene. Die groot bruin sampioene verkoop as portobellos en is groter met donker oop kiewe. Hierdie is crimini sampioene wat ryp geword het. Die kieue van die knoppie-vormige criminis/portabellinis is bedek met 'n 'sampioen vel' of sluier. Dit is 'n aanduiding van volwassenheid; geen sluier oor die kiewe is ʼn aanduiding van ouer sampioene. Varsheid word bepaal deur die fermheid van die sampioen. In Agaricus spesies het lang stingels en 'n sponsagtige tekstuur aan dat die sampioen nie vars is nie.

Eksotiese Sampioene

Kommersiële produksie van eksotiese sampioene in Suid-Afrika is nog klein (2019) maar met die aanvraag na Shiitake en koning oester sampioene word die produksie verhoog. Die voortreflike smaak en gesondheids voordele van hierdie "eksotiese" sampioene spoor sjefs aan om dit meer op te neem in hul geregte en word dit ook as ʼn vleis alternatiewe vir vegetariese en vegan etes gebruik.

ʼn Groot eksotiese sampioen groei fabriek, Free E het in Sasolburg in Mpumalanga in 2017 geopen wat spesialiseer in die produksie van koning oester, Shiitake asook bruin en wit shimeji sampioene. Daar word beweer dat produksie volumes 3 - 5 ton per dag is.

Wilde Sampioene

©Andreas Kunze

Sampioen-liefhebbers pluk ook eetbare wilde sampioene wat dikwels op informele boere markte verkoop word. ʼn Swamme deskundige van die Kaap, Gary Gold sluit ook tipes eetbare sampioen wat gewild is soos ‘bay’ en populier boletus, porcini en hout Blewitt in.

Medisinale Sampioene

©Marinda Louw

Die onderwerp van medisinale sampioene is 'n groot een en kan ook die gebruik van nie-eetbare sampioene vir geestelike en kulturele rituele insluit. Hier word 'n kort melding gemaak van 'n paar eetbare sampioene en hul voordele in terme van siektes.

Sampioene is al vir eeue lank gebruik as folk-medisyne en met globalisering is die Westerse-reisigers aan die smaak en voordele van tradisionele Oos-tipes sampioene blootgestel.

Een so 'n voorbeeld is (Hericium Erinaceus) ook bekend as yamabushitake of satyr’s beard. Lion’s mane is 'n bekende voedsel en medisinale sampioen wat bestudeer en bevorder word vir die senuwee groei faktor wat dit bevat - erinacine - asook erinacine A. Beide hierdie middels kan degeneratiewe neurologiese siektes soos Parkinson se siekte en Alzheimer se siekte vertraag, en dit beskerm die liggaam teen beroertes en depressie.

Ander voordele vir die gesondheid wat toegeskryf word aan eetbare sampioene sluit in die beskerming teen en behandeling van borskanker deur die bevordering van die immuunrespons van die Vals elwebankie sampioene. Oestersampioene kan bloedcholesterol verlaag en reishi sampioene help met die beheer van bloedglukosevlakke en modulasie van die immuunstelsel. Die Shiitake sampioen is 'n uitstekende anti-inflammatoriese voedsel. Die lentinan inhoud in shiitakes help ook om chromosoom skade te genees wat veroorsaak word deur kanker behandeling.

Translated by Wilma Koeppen