Sitrus

©Louise Brodie
©Louise Brodie
©Louise Brodie

Sitrus is 'n kollektiewe term vir 'n geslag van blom bome en struike in die wynruit familie. Sitrus plante produseer belangrike vrugtegewasse soos lemoene, nartjies, suurlemoene, lemmetjies en pomelos. Sitrusvrugte is afkomstig van die hele streek van Suidoos-Asië wat strek vanaf Suid-China tot noordooste Indië. Sitrus gewasse was vir eeue in hierdie gebiede verbou en met verloop van tyd het die verbouing van hierdie vrugte versprei na die Middellandse See en subtropiese produksie gebiede regoor die wêreld.

Sitrusvrugte groei op immergroen bome. Sitrusbome produseer bloeisels in die lente en dan ontwikkel die vrugte regdeur die lente en somer en is ryp vir die oes in die laat herfs en vroeë winter.

Sitrusvrugte is gesegmenteerd en het 'n dik vel. Die vrugte word gewoonlik geskil voor verbruik en die skil  word oor die algemeen ontslae van geraak. Alle sitrusvrugte bevat sitroensuur en askorbiensuur, beter bekend as vitamien C. Sitrusvrugte word gekenmerk deur hul skerp geur en 'n paar sitrus tipes soos suurlemoene en lemmetjies is suur van smaak, terwyl ander soet is. Die vrugte het oor die algemeen 'n sterk geur wat grootliks te wyte is aan die limonoid olies wat meestal in die vel van die vrug gevind word.

Translated by Wilma Koeppen

Sitrus Produksie

Sitrusvrugte is een van die mees gewilde en wyd geproduseerde tipes vrugte wêreldwyd. Sitrus vrugte word geproduseer in groei streke op al ...more

Sitrus Tipes

Die mees algemeen geproduseerde lemoen tipes in Suid-Afrika is Nawels en Valencias. Nawels word oor die algemeen ryp voor Valencias....more