Sitrus Produksie

Globale Produksie

©Louise Brodie

Sitrusvrugte is een van die mees gewilde en wyd geproduseerde tipes vrugte wêreldwyd. Sitrus vrugte word geproduseer in groei streke op al die kontinente behalwe Antarktika. Byna driekwart van die globale sitrus produksie word in die Noordelike Halfrond geproduseer. Die meeste van hierdie vrugte kom van die VSA en van regoor die Middellandse See, maar die land wat die grootste globale sitrus produsent is, is Brasilië.

Suid Afrikaanse Produksie

©Louise Brodie

Gebaseer op produksie volumes is sitrusvrugte die grootste vrugtebedryf in Suid-Afrika en is grootliks gefokus op die uitvoermark. Die Suid-Afrikaanse sitrusbedryf is die grootste sitrus uitvoerder in die Suidelike Halfrond en is verantwoordelik vir meer as 60% van die Suidelike Halfrond se sitrusuitvoere. Suid-Afrika is na Spanje die tweede grootste land wat sitrus uitvoer.

Produksie Areas

©Louise Brodie
©Louise Brodie

Sitrus soorte word geproduseer in die verskillende klimaatstreke in Suid-Afrika en produksie is besig om vinnig oor die hele land uit te brei. Die belangrikste produksie streke is geleë in die Wes-Kaap, die Oos-Kaap, langs die Oranjerivier in die Noord-Kaap, die KwaZulu-Natal se Middelande, Oos-Mpumalanga en Limpopo.

Seisoene

©Louise Brodie

Die Suid-Afrikaanse sitrusseisoen begin in Februarie met suurlemoene en duur tot September tot die laaste lemoene geoes is.

Verkope

©Louise Brodie

Suid-Afrikaanse sitrus word ook plaaslik verkoop in Suid-Afrika en word uitgevoer na ons buurlande. Sitrus word ook uitgevoer na Europa en die Verenigde Koninkryk, Oos-Europa, die Midde-Ooste, asook na Asië en Noord-Amerika.

Gebruike

©Louise Brodie

Sitrusvrugte is hoogs voedsaam. Die vrugte is eetbaar en die pitte en vel word gewoonlik weggegooi.

Die skil, die buitenste laag van die vrug, word gebruik om kos en drank te geur.

Behalwe die eet van die vrug word sitrus vrugte versap vir die vervaardiging van vrugtesappe. Sitrusvrugte en sitrussappe word ook geblik, gedroog en gevries.

Sitrus uittreksels word gebruik vir medisinale en kosmetiese doeleindes.

Translated by Wilma Koeppen