Sampioene word in groot binnenshuise fasiliteite gekweek waar die vlak van koolstofdioksied, die humiditeit en temperatuur noukeurig beheer word. Dit is 'n hoogs tegniese proses wat gerig is op die massa produksie van sampioene, veral in die geval van die knoppie en bruin sampioene - al die lede van die Agaricus soorte.
Sampioen boerdery is 'n wetenskaplike werking wat noukeurige rekordhouding vereis om konsekwente resultate te bereik. Dit vereis ook 'n groot kapitale uitleg. Daarbenewens benodig die boerdery 'n verskeidenheid van parameters, wat perfek in balans is, om goeie gehalte sampioene te produseer, sê dr Martmari van Greunen van Sylvan, 'n maatskappy wat voorrade van sampioen spore verskaf.
Ander uitdagings in sampioen boerdery sluit in kulturele weerstand teen die eet van sampioene en 'n relatiewe kort raklewe met 'n behoefte aan 'n koue ketting van plaas-tot-rak.
Spesiaal gemaakte kompos word versprei oor skinkborde op rakke of dit word in plastieksakke gesit. Dan word sampioen spore in die kompos geïnkubeer en toegelaat om 'n netwerk van miselium te vorm - (sampioen "wortels"). Hierdie proses van die vorming van 'n miselium netwerk en kolonisasie van die kompos neem 15-19 dae.
Die sampioen miselium moet gestimuleer word om dit vanaf die vegetatiewe tot die reproduktiewe fase te verander. Dit word gedoen deur 'n 5 cm laag van spesiale materiaal, die omhulsel, bo-op die kompos te voeg. Die deklaag bestaan gewoonlik uit 'n veenmos mengsel wat van Ierland of Nederland ingevoer word. Suikerriet merg ('n byproduk van papier vervaardiging van suikerriet) word met die veenmos vermeng om die suur pH balans te verhoog tot 'n meer neutrale vlak of alkaliese pH van ongeveer 7.5. Die deklaag bied vog en 'n geskikte mikroklimaat vir die sampioen speldekoppies om te ontwikkel.
Produsente verminder nou die temperatuur in die groei kamers deur die gebruik van gesofistikeerde-klimaat beheerde eenhede. Dit termiese skok veroorsaak dat die sampioene tot vrugvorming oorgaan en die vorming van sampioene begin in 'n proses genaamd "pinning” (die vorming van klein wit speldekoppies). Tydens die vorming van die klein wit speldekoppies verdubbel die sampioene (speldekoppies) elke 24 uur in grootte en moet dit daagliks nagegaan word om ʼn optimale oes te verseker.
Sampioen vrugvorming vind plaas in uitbarstings. Dit begin omtrent 17 dae na die omhulsel gevorm het en gaan voort met weeklikse tussenposes. In die algemeen word drie uitbarstings gepluk voor die gebruikte kompos verwyder word om plek te maak vir die volgende oes.
Sampioene vir vars verbruik word meestal met die hand geoes, gegradeer en verpak in bakkies of op grootmaat verpak (tot 5 kg) in kartonhouers. Die beste manier om sampioene te stoor is in 'n koelkamer teen 2 - 4°C met 'n hoë relatiewe humiditeit.
Tweede-graad se sampioene (bv. te volwasse of gevlek) word gesny en gebruik op pizza’s en in souse ens. Sampioene vir inmaak word meestal deur masjien gepluk.
Sampioen spore is 'n materiaal (soos gesteriliseerde rog of sorghumpitte) wat ingeënt word met spore van 'n spesifieke sampioen stam. Die sampioen spore dien as die ‘sampioen saad' wat in die groeiende substraat - die kompos geplant word. Dit word in die kompos gemeng teen 'n koers van 8 liter per ton of 0,5% van die gewig. Die kompos vol saad word dan in sakke skinkborde of rakke gesit vir inkubasie of die uitloop van die spore.
Die uitloop van die sade sowel as die teelt vind plaas in groei kamers of tonnels wat goed geïsoleer en toegerus is met 'n lug hantering stelsel. Lug moet gefiltreer word om bakterieë en swamspore binne-in die groeiende kamers te voorkom. Daarbenewens word lug, temperatuur en vog noukeurig gereguleer om die groeiproses te beheer.
Translated by Wilma Koeppen