Sampioen Kompos

©Marinda Louw

Kompos vorm die basis van sampioen boerdery. Die samestelling en kwaliteit van die kompos sal die kwaliteit en opbrengs van die sampioen oes beïnvloed. Dit is noodsaaklik dat die kompos gehalte konsekwent moet wees, maar die aanhoudende vervaardiging van hoë-gehalte sampioen kompos is 'n uitdaging en vereis vaardigheid.

In Suid-Afrika produseer die meeste sampioen boere produseer hul eie kompos. In Europa en ander lande maak groot en hoogs gespesialiseerde fasiliteite spesifieke kompos vir kommersiële sampioen boere.

Hoe om Kompos te Maak vir Sampioene

©Marinda Louw

Goeie gehalte kompos is 'n integrale deel van die groeiende siklus van sampioene en moet die regte bestanddele hê en optimaal behandel word van die begin af. Daar is baie resepte vir kompos en kompos skedules gebaseer op die beskikbare fasiliteite op elke plaas. Hieronder is net een voorbeeld.

In Suid-Afrika word kompos vir sampioene gemaak met koringstrooi, hoendermis en water. Gips word ook bygevoeg om die struktuur te verbeter, die pH balans te buffer en help met die vrylating van ammoniak in die kompos.

ʼn Tipiese formule is 1 000 kg strooi (voginhoud 15%), 800 kg braaikuiken hoendermis (vog 40% en stikstof 4%) en 85 kg gips.

Strooibale word deeglik nat gemaak vir 5-6 dae en dan opgebreek en gemeng met van die mis. Na die opstel van windrye en belugtiging vir 'n paar dae word die res van die mis bygevoeg. 

Die kompos proses behels 'n proses van vermenging van die bestanddele, belugting en om dit water te gee vir die proses om te begin. (Die deurlugtigings proses verhoed anaërobiese onwelriekende reuke).

Soos die kompos proses vorder styg die temperatuur en bereik dit tot 70°C. Na ongeveer drie weke word die kompos tydens hierdie proses gepasteuriseer en die stikstof word in proteïen omskep wat dien as 'n voedselbron vir die sampioen spore om op te groei.

Wanneer die sampioen kompos gereed is, word dit in rakke of sakke gesit voordat dit met sampioen spore geënt word.

Uitgewerkte Sampioen Kompos

Na die oes word die groei kamer met stoom gesteriliseer en die uitgewerkte kompos word van die plaas af verwyder. Uitgewerkte sampioen kompos is 'n gewilde kompos vir tuinmaak maar daar word aanbeveel om dit verder in kompos te omskep sodat onstabiele organiese materiaal afgebreek kan word. Sampioen kompos kan organiese materiaal in die grond byvoeg om die waterhouvermoë te verhoog en materiaal verskaf vir grondmikrobes om op te voed. Dit sal voedingstowwe wat opgesluit is in die kompos vrystel.

Translated by Wilma Koeppen