Richtersveld se Beste Plekke vir Blommekyk

Primêre Grondbedekking

©David Fleminger
Die wisselvallige verspreiding van die blomme word deur verskeie faktore, insluitend grondsamestelling, die verspreiding van sade, omringende temperature, reënval en ander geografiese faktore beïnvloed. So, in die blomme seisoen moet jy ’n bietjie rondry om die beste plekke, hetsy vir massa, diversiteit of rariteit van die blomme, te kry. Hierdie soektog kan tydrowend wees en al die toeriste het dieselfde vraag: “Waar is ’n goeie plek om blomme te kyk?”. Dit is amper soos om vir leeus in die Nasionale Krugerwildtuin te soek, behalwe dat die blomme nie Japanese toeriste eet nie...
Die een ding waarvan jy bewus moet wees is dat die blomme geneig is om in versteurde grond, waar die gevestigde plantegroei verwyder of verminder, is te groei. Dit is gewoonlik op plase wat vir weiding van diere gebruik word of op ongebruikte lande wat voorheen geploeg is, maar waar daar nie gesaai is nie. Dit is omdat die blomme deel is van wat bekend staan as primêre grondbedekking, die eerste plantspesies wat in nuut omgeploegde grond begin groei. As die land te lank staan sal dit deur bosse en struike (sekondêre grondbedekking) oorgeneem word. Die blomme sal dus nie die plek hê om te groei sodra hierdie sekondêre plante gevestig is nie. Derhalwe is die beste plekke vir blommekyk in leë lande, weivelde en onbeheerde paaie.
Dink byvoorbeeld aan die wonderbaarlike blomme-terrein by die Matjiesfontein plaas naby Nieuwoudtville. Hulle volg ’n baie eenvoudige metode om hierdie proses aan te moedig. Die geheim is om die skape aan die einde van September in die veld op die gedroogde blomme te laat wei en mis. Die diere word in Maart uitgelaat om die plante ’n kans te gee om te rus en dan kom die blomme weer in Augustus/September uit. Die Skilpad Veldblomreservaat naby die Namakwa Nasionale Park gebruik ’n soortgelyke metode, maar as die lande deeglik geploeg word sal dit ook werk.

Translated by Ananda Schoeman