Persimmon Variëteite

© Louise Brodie

Gekultiveerde Persimmons

Persimmons is die eetbare vrugte van bome in die genus Diospyros in die familie Ebenaceae. Die woord Diospyros kom van die antieke Griekse woord, wat “goddelike vrug” beteken. Die Amerikaanse persimmon (D. virginiana), groei in die areas vanaf die Golf State noord tot sentraal van Pennsylvania en sentrale Illinois. Die vrugte is 3 tot 5 cm in deursnee en gewoonlik platterig en ʼn donker rooi na maroen kleur. Die meeste vrugte bevat 'n paar redelik groot plat sade. Verskeie beter variëteite is benoem, voortgeplant en word kommersieel gegroei.

Die mees aangeplante persimmons is die Asiatiese persimmon die Diospyros Kaki of Kaki vrugte. Die Asiatiese of Japanese persimmon is inheems aan China waar dit vir eeue gekweek is en uit meer as tweeduisend verskillende kultivars bestaan. Dit het baie jare gelede na Korea en Japan versprei waar bykomende kultivars ontwikkel is en dit daarna gedurende die 19de eeu internasionaal versprei is.

Persimmons word op bladwisselende bome geproduseer en voor hulle hul verlengde blare wat leeragtige blink blou-groen blare is in die winter verloor, verander hulle in 'n dramatiese heldergeel en diep oranje kleur. Die aangeplante bome word jaarliks ​​gesnoei maar as dit ongesnoei bly kan die bome tot 10 m hoog groei. Die bome begin om na drie jaar vrugte te dra maar hulle volle potensiaal word slegs bereik ná agt jaar en die lewensverwagting van 'n gesonde boom is ongeveer 40 jaar. Die grootste opbrengs van tot 50 t / ha is opgeteken in 'n paar van die beste-produserende boorde.

Die bome blom gedurende die lente en Kaki vrugte word ryp tot volwassenheid in die laat herfs. Die vrugte van die verskillende rasse verskil van 'n ligte geel-oranje tot donker rooi-oranje. Hulle wissel ook in grootte van 1.5 tot 9 cm in deursnee en hul vorms wissel van sferiese tot ovaal en pampoen vormig. Die mees algemene geproduseerde Kaki vrugte is effens plat aan die bo-en onderkant met vierkantige fasette en het 'n vorm wat lyk soos 'n groot tamatie. Die skil is glad en eetbaar en die vrugte het 'n kenmerkende helder oranje kleur.

Vrank en Nie-vrank Persimmons

Persimmons word in twee algemene kategorieë geklassifiseer nl. diegene wat vrugte dra wat vrank is totdat hulle tot sag ryp groei en die wie se vrugte nie bitter en vrank is nie. Nie-vrank persimmons kan soos 'n appel geëet word wanneer dit ryp is. Die mees algemene geproduseerde persimmons, die Kaki vrug, is vrank persimmons. Die vrug het 'n na-oes blootstelling aan gas proses nodig om die vrankheid van die vrugte te verwyder voordat die vrugte eetbaar is en bemark kan word. Wanneer die vrugte geoes word is dit vrank en feitlik oneetbaar weens die hoë tannien vlakke maar met hierdie proses word die vrugte verouder en verander dit in 'n heerlike soet vrug.

Sodra die vrugte verpak is word dit behandel met óf etileen gas of koolstofdioksied in gespesialiseerde behandeling kamers vir 'n aantal ure of dae afhangende van die tipe van behandeling. Dit is albei algemene gasse en hierdie behandeling is nie skadelik vir verbruikers nie. Die gas behandeling verwyder die hoë vlakke van tannien in die vrugte en produseer ferm hoë-gehalte vrugte met ʼn jellieagtige tekstuur, soet smaak en 'n goeie oranje kleur wat gereed is vir bemarking.

Voedingswaarde

©Louise Brodie

Kaki vrugte is baie ryk in vitamien B2 (riboflavien) en vitamien B1 (thiamin) en propvol karotenoïede wat bekend is vir hul positiewe uitwerking op die verlaging van die risiko van hartsiektes en sekere kankers. Die vrugte bevat twee keer soveel vesel as dié van appels en bevat ook elemente soos kalsium, yster en magnesium. 

Vrankheid, die droë, opgeplooide mondgevoel wat veroorsaak word deur die tanniene in onryp vrugte.

Translated by Wilma Koeppen