Nywerheidsgebruike vir Hennep

Afgesien van hennep-olie wat gebruik word in baie industriële toepassings soos droog agente in verf, as 'n vernis en smeermiddel, kan die hennep (hemp) plant (Cannabis sativa) ook gebruik word as papier, om gifstowwe uit die grond uit te trek en as 'n bron van brandstof.

Hennep as Papier

Hennep se gebruik vir papier datteer treug na 200 tot 150 V.C. toe dit in China gemaak is deur die vorming van verpulpte hennep in dun velle. In die 7de eeu was papiermeulens in die Midde-Ooste en in China gebou. Die gebruik van hennep papier het toe verder weswaarts versprei. Bybels en die verhale van skrywers soos Mark Twain is gedruk op hennep papier en in Rusland is hennep papier gebruik om geld en seëls te druk.

Papier kan gemaak word uit die lang binnebas vesels of kort verpulpte vesels van die plant. Papier wat gemaak is van die lang vesels is dun en grof, terwyl papier wat gemaak is van die kort vesel pulp is dalk nie so sterk nie, maar sagter en dikker voorkom. Dit is dus meer geskik vir alledaagse gebruik. Daarbenewens is hennep meer eko-vriendelik omdat dit slegs 120 dae neem om te groei tot volwassenheid in vergelyking met die jaar wat dit neem vir 'n boom om te groei.

Hennep as Toksiese Spons

Hennep plante kan gebruik word in 'n proses om grond te herstel van giftige besoedeling deur die gifstowwe uit die grond soos 'n spons te trek. Hennep is selfs gebruik om radio-aktiewe agente uit die grond te verwyder by die radioaktiewe ramp in Tsjernobil in Rusland in 1986.

Verdere navorsing in 2012 het getoon dat hennep effektief kadmium uit die grond uit kan absorbeer. Kadmium is 'n byproduk van die vrystelling van fossielbrandstowwe. Hennep kan gifstowwe in die grond, insluitend metale, plaagdoders, ru-olie en gifstowwe in stortingsterreine skoonmaak deur dit op te suig uit die grond. Hennep wat op giftige grond gegroei word moet nie deur mense gebruik word nie.

Hennep as Biobrandstof

Navorsers aan die Universiteit van Connecticut in die VSA het bevind dat diesel vervaardig kan word uit die saad van industriële hennep. Navorsing aan die universiteit toon dat hennep-olie 'n 97% haalbare sukses presentasie vir die oorskakeling in biodiesel het, en dat die biodiesel geskik is vir enige konvensionele diesel enjins.

Die res van die plant kan gebruik word om etanol of metanol te produseer. Soms word daarna verwys as "hempanol" of "hempoline" en hierdie tipe brandstof word gemaak deur 'n proses genaamd “cellulolysis” (selluloïse - hidrolise van sellulose) wat die hennep fermenteer en distilleer om die etanol te onttrek. Etanol word gedistilleer na die fermentasie van die plantmateriaal en metanol word geproduseer ná droë distillasie van die houtagtige hennep pulp.

Translated by Wilma Koeppen