Moringa: Wonderwerk Medisyne

© Venkatx5
Die klein, vinniggroeiende Moringa het amper 540 verbindings wat ongeveer 300 gesondheidskwessies kan behandel of voorkom. Dit word gebruik vir siektes soos diabetes, hartsiektes, bloedarmoede, artritis, lewer siekte sowel as respiratoriese, vel en spysverteringstelsel siektes, en word as 'n super kos beskou. Die poeierblare, wortels, bas en onvolwasse peule word gebruik vir die voedings-, anti-inflammatoriese, antioksidante en weefselbeskermende voordele.
Moringa is 'n bron van vitamiene, minerale, sowel as essensiële aminosure, wat dit 'n volledige proteïen maak. Dit bevat beduidende hoeveelhede vitamien C, E, kalium (K), yster (Fe) en sink (Zn). Moringa blare is 'n uitstekende kalsium (Ca) bron en bevat 10 keer meer vitamien A (beta karoteen) as wortels. Moringa poeier kan as 'n plaasvervanger vir yster tablette gebruik word, en dus as 'n behandeling vir bloedarmoede.
In Indië word Moringa-blare gebruik om borsmelkproduksie in nuwe moeders te stimuleer en word gevoeg by lensiesop gedurende griepseisoen om weerstand teen siektes te verhoog. Die blare, gomme, wortels, blomme sowel as die pitte word gebruik om weefseltederheid, kardiovaskulêre en lewer malaise te beheer, bloedglukose en cholesterol te normaliseer.
Dit het ook antimikrobiese en anti-TB aktiwiteite.
In ontwikkelende lande word die moringa-blaarpoeier as ‘n medisinale krui gebruik. Dit word dikwels as 'n aanvulling deur MIV-geïnfekteerde mense geneem om immuniteit te verbeter en opportunistiese infeksies te bestuur. Moringa is ‘n middel vir ondervoeding. Moringa produkte wissel van blaar uittreksel, poeier en tablette tot proteïen melkskommels, saadolies, tee en probiotiese drankies.

Mediese Vrywaring

Die inligting is slegs vir opvoedkundige en inligtingdoeleindes. Dit mag nie as mediese advies geïnterpreteer word nie, en is nie bedoel om mediese advies of behandeling te vervang wat deur gesondheidswerkers aangebied word nie.

Translated by Hazel Oliver