Mapungubwe se Goue Renoster

Die Bekende Goue Renoster

©Roger de la Harpe

Mapungubwe is 'n wonderlike plek, met groot tafelkopheuwels en valleie besaai met kremetartbome wat wegval tot in die Limpoporivier - net die soort plek wat jy sal kies as jy 'n dinastie wil begin.

'n Pre-Shonakoninkryk was inderdaad hier gevestig van ongeveer 1220 – dit was deel van 'n veel groter kultuur wat klipnedersettings regoor sentrale Suidelike Afrika gebou het voor die aankoms van wit koloniste.

Goudsmelting is by die meeste nedersettings gedoen, en toe Mapungubwe in 1932 deur wit jagters “ontdek” is, is talle goue artefakte, waaronder die nou-bekende goue renoster, gevind. Die Orde van Mapungubwe, wat deur die goue renoster uitgebeeld word, is Suid-Afrika se top leierskapstoekenning.

Translated by Nina Joubert