Maatreëls om te Volg om Infektering van Coronavirus te Voorkom

Was Jou Hande
Was jou hande deeglik met seep.
Was die agterkante, tussen die vingers en onder die naels.
Was altyd jou hande met seep voordat jy eet en nadat jy buite in die publiek was.

Goeie Persoonlike Higiëne
Bedek jou mond met ‘n sneesdoekie (“tissue”) wanneer jy hoes of nies.
Moet nooit aan jou gesig raak met ongewaste hande nie.
As jy moet, was eers jou hande deeglik met seep.

Moenie Kos en Eetgereedskap Deel Nie
Bakterieë kan oorgedra word op messe, vurke, lepels en strooitjies.
Gebruik slegs skoon eetgereedskap en moenie drinkgoed deel nie.
Was altyd eers jou hande voordat jy eet.

Gaan Spreek ‘n Dokter Indien Jy Siek Voel
Tipiese simptome sluit in hoes, loopneus, koors en kortasem.
Indien jy enige van hierdie simptome ervaar, kry onmiddellik mediese advies.
Skakel eers die dokter of kliniek voordat jy daarheen gaan en lig hulle in oor jou simptome om reisgeskiedenis.

24HR NICD HOTLINE: 0800 029 999

Translated by Elna Van Rhyn