Lemoen Produksie in Suid-Afrika

©Louise Brodie

Lemoene is verreweg Suid-Afrika se grootste sitrustipe. Lemoene beslaan rofweg 60% van al Suid-Afrika se sitrusuitvoere. Hiervan is Valencia die grootste onderafdeling wat produksie en uitvoer betref, wat meer as dubbel die produksievolumes van nawellemoene is, die ander soort wat geproduseer word.

Volgens die Citrus Growers Association, het Valencialemoene 34% van die totale 83 490 hektaar sitrus wat in 2018 vir uitvoer geregistreer is, uitgemaak. Meer as 60% van hiertdie lemoenbome is in Limpopo geplant. 14% van die area onder produksie is in die Oos-Kaap, terwyl 9% in die Wes-Kaap is.

Navellemoene is die tweede mees-geproduseerde sitrussoort. Dit maak 20% uit van die totale area geregistreer vir sitrusuitvoere. Die Oos-Kaap bevat 39% van hierdie aanplantings, wat dit die grootste produksiearea van nawellemoene maak. Limpopo en die Wes-Kaap het die tweede en derde grootste areas onder produksie, met Limpopo wat 26% bevat en die Wes-Kaap 25%.

Nawels of Valencias?

©Louise Brodie

Die nawel het ‘n tweede vrug wat herinner aan ‘n menslike naeltjie wat ontwikkel aan sy basis (vandaar die naam). Nawellemoene is in Brasilië ontdek rondom die 1820’s, en was waarskynlik ‘n spontane mutasie van die laranja selecta lemoenboom. Hierdie spesies is pitloos, wat beteken dat dit vermeerder moet word deur middel van die entingsproses.

Valencias is soeter, het ‘n dunner skil en word gewoonlik vroeër in die seisoen ryp as nawels. Hulle kry hul naam van die Spaanse stad, Valencia, maar die hibried is in Kalifornië deur ‘n Amerikaanse sitrusboer en agronomis, William Wolfskill, ontwikkel uit ‘n pummelo x mandarynkruising. Die lemoen was egter meer suksesvol in Spanje as in Kalifornië.

Variëteite

In 2018 was Midknight die mees geplante Valencia variëteit. Dit het 36% van die totale area onder Valencias beslaan. Die variëteit is in 1927 vir die eerste keer raakgesien deur AP Knight (na wie dit vernoem is), in ‘n boord by Summerville, Addo, in die Oos-Kaap. Die volle potensiaal van die variëteit is nie besef voor die 1970s nie.

Valencia Late is die tweede mees-geplante variëteit; dit beslaan 19% van hierdie area, terwyl Delta 16% van die area onder produksie beslaan. Turkey en Bennie maak onderskeidelik 10% en 9% uit van die area onder produksie.

Palmer, Bahianinha, Cambria en Washington was die mees geplante variëteite in 2018. Palmer het 18%, Bahianinha 14%, Cambria 12% en Washington 11% beslaan van die totale area onder produksie.

Seisoen

Die Valenciaseisoen strek vanaf Julie tot September, terwyl die Nawelseisoen strek vanaf Junie tot Julie.

Mark

©Louise Brodie

Die meeste Suid-Afrikaanse lemoene word uitgevoer. Die vrugte word uitgevoer na verskeie lande oor die wêreld heen, met die Europese Unie wat die grootste bestemming uitmaak vir 33% van die vrugte. Die Midde-Ooste was die tweede grootste bestemming in 2018 vir 19% van die vrugte, gevolg deur Suid-Oos Asië met 18% van die vrugte.

Translated by Elna Van Rhyn

Orange Production

Soet lemoene kom oorspronklik uit China en daar word al so vroeg as 314 VC in Chinese literatuur daarna verwys....more