Lemmetjies floreer in tropiese en subtropiese toestande. Daar word geglo dat dit ontstaan het in Suidoos-Asië - rondom die noorde van Indië, asook aangrensende dele van Myanmar, Maleisië en Indonesië. Gedurende die 10de eeu het Arabiese handelaars lemmetjie bome terug gebring van hul reise na die Ooste en hulle bekend gestel aan Egipte en Noord-Afrika. Arabiese More het die vrugte na Europa geneem rondom die 13de eeu.
Daar word geglo dat lemmetjies ontwikkel het uit verskillende soorte vrugtekruisings, so die algemene tendens is om sitrus met groen vlees lemmetjies te noem. Verskillende variëteite is in dus almal geneties verskillend.
Lemmetjies is rond en het 'n groen kleur, in vergelyking met suurlemoene wat gewoonlik ovaalvormig is met 'n helder geel kleur. Lemmetjies is ook oor die algemeen kleiner as suurlemoene.
Beide vrugte het sitroensuur en smaak suur, maar lemmetjies het 'n meer bitter smaak. Daar bestaan soet en suur lemmetjies. Die soet lemmetjies het nie die sitroensuur wat suur lemmetjies het wat hulle die vrank smaak gee nie.
Algemene lemmetjie produksie is baie klein in vergelyking met ander sitrusvrugte. Soos weerspieël deur Tridge is Spanje die grootste uitvoerder gereken op 18.8% van alle lemmetjie uitvoere in 2018 terwyl Mexiko in die tweede plek vir 15.6% van alle uitvoer volumes verantwoordelik is.
Die Verenigde State van Amerika is die grootste invoerder en het 15.6% van alle lemmetjie vrugte in 2018 ingevoer terwyl Duitsland in die tweede plek vir 11% van alle invoere verantwoordelik was. Frankryk en Nederland is in die derde plek en is elkeen verantwoordelik vir 7.2% van alle invoere.
Lemmetjie produksie in Suid-Afrika is baie klein, met net 82 ha wat in 2018 geregistreer is vir uitvoere. Dit is hoofsaaklik omdat boere beter inkomste uit ander sitrus gewasse kan genereer.
Lemmetjie word reg deur die land geproduseer vir huislike gebruike of om aan plaaslike kleinhandelaars te verskaf. Hoedspruit het egter meer as die helfte van die geregistreerde areas vir 2018 se uitvoere. Terwyl die Boland area 12 ha en die Wes-Kaap en Patensie elk vir 8 ha verantwoordelik is. Sewe hektaar is ook in Groblersdal geregistreer vir uitvoere.
Bearss en Tahiti is die mees aangeplante variëteite van lemmetjies in Suid-Afrika. Die Bearrs verskeidenheid het vermoedelik oorspronklik van Kalifornië in die VSA en is uit 'n saailing wat ontwikkel het uit Tahitian vrugte verkry. Dit is vernoem na die eienaar van die kwekery waar dit ontwikkel het, naamlik TJ Bearss.
Die presiese oorsprong van die Tahiti lemmetjie is onbekend. Die naam verwys na die feit dat die variëteit aan Kalifornië bekend gestel is van Tahiti, iewers tussen 1850 en 1880. Die verskeidenheid is vermoedelik ontwikkel uit 'n drie-ledige hibried waarby ten minste twee verskillende genusse van sitroensuur, pummelo en 'n mikro sitrus spesies betrokke is.
Hoewel Suid-Afrikaanse produsente in staat is om die hele jaar te oes, is die oes seisoen se hoogtepunte vanaf Januarie tot Mei.
Lemmetjies is ryk aan flavonoïede wat anti-kanker en anti-oksidant eienskappe het. Die sap is byvoorbeeld vir baie jare in Wes-Afrika gebruik vir die behandeling van cholera en die voorkoming daarvan. Lemmetjies is ook ryk aan vitamiene en minerale. Dit bevat meer as 30% van die daaglikse vereistes van vitamien C vir grootmense.
As gevolg van sy suur smaak word lemmetjies oor die algemeen nie vars geëet nie. Die sap en skil word egter dikwels in die kombuis gebruik, terwyl snye lemmetjies ook 'n gewilde versiering is vir mengel en ander drankies.
Om die optimale hoeveelheid sap uit lemmetjies kry, moet hulle teen kamertemperatuur uitgedruk word. Die wit wat onder die groen skil is het 'n bitter smaak en dit moet vermy word wanneer die skil gerasper of die lemmetjies gesny word.
Translated by Wilma Koeppen