Die Kweek van Granate
Die ryp granaat is ‘n komplekse vrug met ‘n eetbare interne gedeelte en ‘n harde skil wat die kleurpigment anthocyanin bevat.
Die styfgepakte rooi pitte (arullus) en segmente word geskei deur ‘n oneetbare wit vlies. Die arullus bevat ‘n hoekige saad wat omring is deur ‘n eetbare, sappige pulp wat ‘n soet-suur rooi sap lewer.
Granate groei in warm somerstreke, maar moet beskerm word teen sonbrand. Hulle produseer drie sarsies self-bestuiwende blomme tussen September en November. Dit beteken dat die vrugte ryp word oor ‘n tydperk en in drie sessies geoes sal word.
Kommersiële produksie van granate kan na drie jaar begin word en ‘n gemiddeld van 30 ton per hektaar uit volwasse bome (ses jaar en ouer) lewer, maar tot 42 ton per hektaar is al geoes. Vrugte word gesorteer en verkoel nadat dit geoes is en word verkoop as heel vrugte, of verwerk tot sap, pitte en olie (plaaslike gebruik), of uitgevoer as vars vrugte.
Granaatbome sal groei en vrugte dra vir dekades, daarom is dit belangrik dat die beste kultivar vanaf betroubare kwekerye aangekoop word, grondmonsters en waterkwaliteit ontleed, en die grond voorberei word, sodat diep wortelpenetrasie moontlik is, en ook die installering van besproeiing, is die raad van Jorrie Mulder, tegniese raadgewer van die Pomegranate Producers Association (POMASA).
Die Beste Grond vir Granate
Voorbereiding van die grond waar granaatbome geplant gaan word is noodsaaklik. Effektiewe grondbestuur voor aanplanting sal help met ontwikkeling van wortelvolume. Die worteldiepte van ‘n plant bepaal die hoeveelheid en kwaliteit van die wortels sowel as die groei en produksie van die boom. Byvoorbeeld, die worteldiepte sal besproeiing beïnvloed – beide die frekwensie (wanneer, hoe dikwels) en die volume (hoeveelheid water op ‘n keer).
Granaatbome kan suksesvol gekweek word in ‘n wye verskeidenheid grondsoorte, maar hulle verkies ‘n grond pH van 5 – 7,5. Begin vier tot vyf maande voor aanplanting met grondvoorbereiding, soos om die grond pH aan te pas tot ten minste 5 met kalksteen en die byvoeging van fosfor indien grondontleding die nodigheid daarvan aangedui het. Indien nodig, verlaag die grond pH deur swawel toe te dien. Gips kan ook gebruik word om oortollige natrium in die grond te neutraliseer.
Dis belangrik om grond te laat analiseer. Chemiese balansering en die byvoeging van minerale behoort gedoen te word na deeglike bestudering van die resultate van die gondanalise. Terselfdertyd wil nuwe boere dalk die mikrobiese lewe in die grond verhoog deur die byvoeging van goeie kompos tydens aanplanting van die bome indien resultate van die grondontleding daarop dui.
Moenie granaatbome in grond plant wat swak dreineer of ‘n hoë klei-inhoud het nie, omdat dit mag lei tot wortelvrot.
In vlak grond is die grondvolume per boom kleiner en daarom is die boom meer kwesbaar vir droogte en wanvoeding.
Gekompakteerde grond sal wortelpenetrasie, suurstof- en waterpenetrasie, asook waterbeweging in die grond beperk.
Beplan die boordrye en planthellings vir optimale sonblootstelling en goeie dreinering van die grond. ‘n Noord-suid oriëntasie is die beste; die plant kry ewe veel sonlig aan beide kante van die boom gedurende die dag.
Probeer om nie teen hellings te plant wat noord front nie om sonbrand te beperk en vermy gebiede waar dit sal ryp soos laagliggende, oop areas.
Die Plant van Granate
Die spasiëring van bome in ‘n nuwe granaatboord sal bepaal word deur grondtipe, besproeiingstelsel, of bome opgelei gaan word en die gekose kultivar. Daar behoort gemiddeld 600 tot 800 bome per hektaar geplant te word. Spasiëring tussen bome behoort soos volg te wees: ten minste 5 m tussen rye en minstens 2 m tussen bome in ‘n ry. As ‘n boord te beknop is, verminder produksie, bome dra net aan die bokant, die kleur van vrugte is swak en spuitmiddels pentreer nie goed nie.
As deeglike grondvoorbereiding gedoen is (bv. ‘ripping’), sal grond los en reg wees sodat bome geplant kan word. Besproeiingspype sal ook reeds geïnstalleer wees.
Nuweling-granaatboere word aangeraai om nuwe plantmateriaal (gewordtelde steggies of bome in sakkies) slegs by betroubare kwekerye aan te koop.
Gewortelde steggies word in die laat-winter of vroeë lente geplant, maar bome in sakkies sal beter presteer as hulle gedurende die lente of vroeë somer geplant word. Bedek onmiddellik die wortelarea met ‘n deklaag en besproei sodra die boompies klaar geplant is om die grond te kompakteer en te verhoed dat die wortels uitdroog.
Afhangende van die resultate van die grondanalise word ongeveer 100 kg/ha stikstof (N) jaarliks toegedien. (Dit is ‘n benaderde hoeveelheid en moet aangepas word volgens die resultate van die grondanalise).
Blaaranalises moet jaarliks gedoen word. Dit sal aandui of daar enige mineraaltekorte in die plante is. Dit kan reggestel word met blaarvoeding. Blaarvoeding is egter ‘n korttermyn oplossing. Die beste langtermynoplossing vir voedingstoftekorte in plante is om die grond te verryk, sê Jorrie. Blaarvoeding mag insluit sink (Zn) nadat vrugte geset het, boron (B) gedurende blomtyd en vloeibare kelp.
Dit mag soms nodig wees om die stikstof:fosfor te verlaag nader aan die tyd dat vrugte ryp word om goeie ontwikkeling van die kleur en ophoop van suikers in die arullus te verseker. Kry raad van ‘n kenner oor die mees geskikte besmestingsprogramme vir granate.
Besproeiing van Granate
Dit is noodsaaklik dat waterkwaliteit getoets, en besproeiingspype geïnstalleer word voordat granate geplant word. Ten spyte van die granaat se voorkeur aan warm en droë klimate, benodig die boom besproeiing vir kommersiële produksie van vrugte. Bome sal sonder water groei, maar sal te gestres wees om groot volumes vrugte van hoë kwaliteit te dra.
Besproeiingstoetse deur die Agricultural Research Council (ARC) is in 2018 voltooi en voorlopige uitslae dui daarop dat mikro-organismes beter resultate lewer as drup-besproeiing. Oorhoofse besproeiing word nie aanbeveel nie omdat granaatblomme baie gevoelig is vir humiditeit. ‘n Algemene riglyn vir die waterbehoeftes van ‘n granaat is 7 500 mᶟ/ha per seisoen. Dis gelykstaande aan 750 mm reën.
Bemestingsbehoeftes van Granate
Die invloed van bemesting op granate is relatief klein in vergelyking met faktore soos klimaat, besproeiing en plantmateriaal. Granate produseer egter ‘n groot hoeveelheid organiese materiaal en benodig dus sekere voedingstowwe om dit te vervang en met produksie voort te gaan.
Fosfor en kalsium hoef slegs toegedien te word as grond-of blaaranalise ‘n tekort aandui. Een van die min algemene tekorte in granate is sink (Z), herkenbaar in die blare wat geel word. ‘n Sinktoediening in die vorm van blaarvoedsel nadat vrugte gevestig is, word aanbeveel.
Kry ‘n kenner se advies rakende ‘n geskikte bemestingsprogram.
Translated by Elna Van Rhyn