Kopkool

© Louise Brodie

Wetenskaplike naam: Beta vulgaris var. cicla

Plant Beskrywing

Kopkool is ’n roset groen blare rondom ’n kort stingel wat ’n sentrale koolkop vorm. Dit het ’n adventiewe wortelstelsel (bywortel) wat beteken dat wortels uit die stingel of blare ontstaan.

Gebruike

Kopkool kan gekook of rou geëet word en die hele plant kan geëet word.

Grondvereistes en Voorbereiding

Kopkool kan in verskillende tipes grond groei, maar dit floreer in goed gedreineerde, voghoudende leemgrond met genoeg organiese materiaal. Dit gedy nie in grond met ’n hoë suurinhoud nie. Die ideale grond pH wissel van 5.5 tot 6.5 en dit moet nie onder 4.5 wees nie. Die blare word donker in grond met ’n pH bo 6.5 en die blaarrande sterf. Plante in soutgrond is ook hoogs vatbaar vir swartstam.

Klimaat

Kopkool gedy in ’n koel en vogtige klimaat en die blare is meer duidelik gesteeld. ’n Droër klimaat beïnvloed die kwaliteit van die koolkop. Die delikate geur gaan ook onder hierdie omstandighede verlore. Die opbrengs en kwaliteit is laer in die somer en dit is ook moeiliker om plae te beheer. Die optimale temperatuur vir groei en ontwikkeling is 18°C - 20°C. Dit is taamlik bestand teen ryp en kan in temperature so laag as -3°C sonder skade oorleef. Kool kan by ’n wye verskeidenheid klimaatstoestande aanpas en kan regdeur die jaar in die meeste streke groei.

Kultivars

Kopkool word volgens die vorm van die koolkop, naamlik keëlvormig, balvormig of dromvormig en die tipe kool gegroepeer. Dit kan ook volgens kleur en groei geklassifiseer word. Die blare is groen of rooi en glad of gerimpeld. Die savooikool tipes is bestand teen koue en het gerimpelde, donkergroen blare. Seisoenale variëteite:
Herfs en Lente - Conquistador en Gladiator
Lente en Laatsomer - Tenacity and Conquistador
Laatsomer - Hercules, Drumhead en Grand Slam
Laatsomer tot Herfs – Megaton

Translated by Ananda Schoeman