Kleingrane soos koring, gars, hawer en korog word geaffekteer deur verskeie siektes wat óf opbrengste óf die gehalte van die oes kan beïnvloed. Die Landbounavorsingsraad Sentrum lys die volgende as die belangrikste siektes:
Roes is 'n swamsiekte wat beide die opbrengs en oes kwaliteit affekteer met die erns van die skade wat afhang van omgewingstoestande, en die plant van ʼn spesifieke stam se vatbaarheid. Stamroes word oor die algemeen beskou as meer vernietigend as blaar en streeproes, terwyl Kroonroes net hawer affekteer.
Die uitbreek van roes kan voorkom word deur die aanplanting van weerstandbiedende kultivars. Swamdoders word ook oor die algemeen toegepas tydens die sewe blaar en vlagblaarstadium om die siekte in toom te hou, aangesien stamme met verloop van tyd weerstand teen aanteel kan oorkom. Met 'n paar stamme kan probleme oorkom word deur die aanplanting van klein-korrels vroeër in die seisoen.
Poeieragtige Witroes is nog 'n swamsiekte wat die blare en stingels van kleingrane affekteer. Dit is soortgelyk aan roes en produseer spore wat oorleef op gasheer rommel of vrywillige gewasse tydens nie-oes seisoene. Die siekte kom gewoonlik voor in dig geplante velde wat oor-bemes is. Blaarbespuitings van swamdoders is die primêre metode van beheer.
Septoria (ʼn Swam van die genus Septoria wat talle blaarvlek siektes op gewasse veroorsaak) kom oorwegend voor in dig geplante en swaar bemeste koring. Daar is stamme van hierdie swamsiekte, met die Septoria netvlek wat hoofsaaklik voorkom wanneer die groeiseisoen nat en winderig is. In die verlede kon boere hul grond verbrand om ontslae te raak van Septoria, maar hierdie praktyk word vandag afgekeur omdat dit beide die voordelige en nie-voordelige organismes vernietig. Die beter opsie is om verskeie rasse wat bestand is te plant en wisselbou toe te pas en sodoende die siklus te breek. Verskeie blaar swamdoders bestaan ook wat kan help om die siekte te beheer.
“Bunts” en “Smuts” is swamsiektes wat kleingraan en verskeie spesies van gras besmet. Die belangrikste hiervan is los “smut“ en bedekte “smut” wat ontkiemende sade besmet en dan 'n sistematiese infeksie vorm, waarna die siekte die hoof weefsel binnedring en dit omskep na massas spore. Saadbehandeling is die mees doeltreffende manier om hierdie siekte te verhoed, so moenie kanse met ongesertifiseerde of nie-behandelde saad neem nie.
In Suid-Afrika is karnal bunt is vir die eerste keer geïdentifiseer in Desember 2000 in die Douglas besproeiings gebied. Dit word beskou as 'n kwarantyn siekte, so vermoede van ʼn uitbreking moet aan die Departement van Landbou gerapporteer word. Verskeie maatreëls word geïmplementeer om die verspreiding van die siekte uit die geaffekteerde area te verhoed, insluitende die was van die plaas masjienerie nadat dit op die geaffekteerde land gewerk het.
Besmette pitte lyk swart, verweer en skei 'n vieslike vis reuk af, wat oorgedra word na die gemaalde meel. Die siekte stuit die groei van plante en veroorsaak voortydige rypwording en sterftes. Mikroskopiese ondersoek van die saad is nodig om die siekte korrek te identifiseer, aangesien dit nie altyd die hele oor affekteer nie. Sommige swamdoders kan help om voorvalle van siektes te verminder, maar daar is nog niks geregistreer om infeksie te voorkom nie.
Take-all affekteer die wortels, kroon en basale stam van graan. Dit kom veral voor by koring. Hierdie swamsiekte kom oorwegend in intensiewe produksiestelsels voor waar die grond pH balans alkalies is, die grond gebrekkig is aan stikstof en/of mangaan, en swak gedreineer word. Die siekte is ook meer prominent tydens nat jare en op besproeide gebiede.
Wisselbou is die beste manier om die siekte se siklus te breek, terwyl die versekering dat koring plante voldoende voedingstowwe het om goeie gesonde wortels te bevorder ook sal help.
Eyespot, Strawbreaker beïnvloed hoofsaaklik koring in die winterreënvalgebied. Die siekte is meer algemeen in saad wat vroeg gesaai is, gewasse wat oor-bemes is, en in gebiede met swak dreinering.
Die siekte verswak individuele sytakke, wat bekend staan as halms, en lei tot die voortydige rypwording van ore, wat dit op sy beurt moeilik maak om die koring te oes. Dit word beheer deur wisselbou en die gebruik van swamdoders.
Translated by Wilma Koeppen