Kersies

© Louise Brodie

Hierdie klein soet vrugte wat wissel van geel, rooi tot pers-swart is gepak met voedingstowwe en antioksidante en bevat 'n rykdom van voordele vir die gesondheid. In Suid-Afrika word net soet kersies, Prunus avium, geproduseer en tert of suur kersies, Prunus cerasus, wat gebruik word om te bak, in lande soos Rusland die VSA en die Oekraïne geproduseer.

Die grootste produksie van soet kersies het vir dekades uit Turkye gekom, maar onlangs het Chili die grootste produsent van soet kersies in die wêreld geword.

In Suid-Afrika word meer as die helfte van die produksie van die 1 000 plus ton verkoop deur plaaslike kleinhandelaars, en in markte as vars vrugte om te eet terwyl sowat 26% uitgevoer word. Nog 8% word verwerk.

Kersie Produksie

©Benny Mazur

Afgesien van vars soet kersies wat beskikbaar is as Graad 1 of Graad 2 standaard, en verpak word in plastiek bakkies of in 5 kg kartonne, word kersies ook gebruik om kersie likeur en wyne te maak. Ander kersie produkte soos kersie souse, konfyte en ingemaakte en glanskersies word ook in Suid-Afrika geproduseer. Gedroogde, verpoeierde, vries-gedroogde en droë poeiermelk kersies in kapsules is ook beskikbaar. Maar kersie konsentraat (vir sap ens) word ingevoer.

Glanskersies word in Ficksburg in die Vrystaat geproduseer in 'n eenvoudige maar tydrowende proses. Tradisioneel word geel kersies gebruik wat gepluk word net voordat hulle rooi raak. As dit begin rooi raak moet dit gebleik word of letsels sal verskyn wanneer dit geglasuur word. Kersies word in 'n “metabisulphite” oplossing gebleik vir ses weke, met die hand-gesorteer en volgens grootte gegradeer en ontpit. Die kersies word vir vyf dae by 90°C gekook en dan by 50°C vir twee weke gestowe. Na hierdie prosesse word suikers en kleurstowwe bygevoeg. Voor die verpakking word glanskersies bo-oor 'n lig tafel geskandeer om te kyk of alle pitte verwyder is. Glanskersies is veral gewild om te gebruik om mee te bak rondom Paasfees en Kersfees.

Die verwerking van geel kersies kan in drie kategorieë verdeel word: glanskersies, maraschino en nie-bloei kersies vir geblikte gemengde vrugte. Slegs sowat 10% van verwerkte kersies is van Suid-Afrika, die res word uit Italië ingevoer.

Wat is die Maraschino Kersies?

©Zylenia

Maraschino kersies is nie 'n verskeidenheid van kersies nie maar 'n helder-rooi gekleurde en verwerkte kersie, wat dikwels gebruik word in mengeldrankies en nageregte soos roomys. Die oorspronklike maraschino kersies het ontstaan ​​uit die "marasca", 'n klein suur en swart kersie wat wild gegroei het op die kus van Kroasië. Dit is bewaar deur dit in 'n likeur genoem 'Marascino’ te laat week. Kommersieel geproduseerde maraschino kersies word nie in alkohol bewaar nie maar eerder in 'n suiker oplossing waarvan die byvoeging van kalsium die kersies ferm hou.

Voordele van Kersies

Kersies is 'n voedingstof-digte voedsel met min kilojoules maar wat hoog is in vesel, polifenole, karotenoïede, vitamien C en kalium. Polifenole, karotenoïede en vitamiene E en C dra by tot die anti-oksidant en anti-inflammatoriese eienskappe van kersies. Resultate van studies het bevind dat die eet van kersies die risiko van inflammatoriese siektes soos kardiovaskulêre siekte en kanker kan verminder. Daarbenewens het studies ook bewys dat kersie verbruik gesonde glukose regulasie kan bevorder, en die voorkoms of erns van artritis kan verminder.

Soet kersies is hoog in antioksidante en selfs meer so vir tert (suur) kersies, wat dieselfde natuurlike suiker inhoud het as soet kersies. Suur kersies bevat meer suur en fitochemikalieë wat bitter smaak en hoër antioksidant vlakke het.

Afgesien van antioksidante is kersies die enigste natuurlike bron van melatonien, 'n hormoon wat die liggaam se slaap-wakker siklusse reguleer.

Let wel: Inligting is slegs vir opvoedkundige en inligting doeleindes en mag nie as mediese advies gesien word nie. Die inligting is nie bedoel om mediese advies of behandeling wat aangebied word deur professionele verskaffers van gesondheidsorg te vervang nie.

Translated by Wilma Koeppen