Soet kersies (Prunus avium) is inheems aan dele van Europa, Turkye, Afrika en Asië. Die vroegste bekende verwysing van kersies was in 372-272 VC; wat daarop dui dat die eerste kersies dalk in antieke Griekeland verbou is.
Die donker-rooi tot byna swart, suur kersies of vrank kersies, Prunus cerasus, wat groei op kleiner bome word hoofsaaklik vir kook en bak gekweek. Suur kersies is blykbaar meer voedsaam as soet kersies en is veral ryk aan melatonien.
In Suid-Afrika word net soet kersies geproduseer met die grootste deel van die produksie wat kom uit die koue streke rondom die dorp Ceres. Dit is egter die Vrystaatse dorp Ficksburg wat die meeste bekend is vir sy produksie van glanskersies en die jaarlikse Kersiefees wat in November gehou word.
Gebaseer op historiese verslae is die eerste klein kersieboord in Suid-Afrika in 1890 aangeplant in die Gydopas buite die Wes-Kaapse dorp Ceres. Die eerste kommersiële produksie van kersies in Suid-Afrika het in 1904 naby Clocolan in die Vrystaat Provinsie begin. In hierdie gebied is ongeveer 5 hektaar kersies met die hulp van die Duitse sendelinge deur Harry Pickstone aangeplant.
Kersie boerdery het sedert daardie tyd baie gegroei. In net een jaar tussen 2017 en 2018 het die aanplanting van kersies met 25% tot 'n totaal van 388 ha gegroei. Daar is ongeveer 30 kersie produksie-eenhede in Suid-Afrika wat deur 23 kommersiële produsente bestuur word met 'n totale kersie produksie van net meer as 1 000 ton in die 2018/19 seisoen.
Daar was 'n toename van 76% in kersie produksie tussen 2013 en 2018 wat hoofsaaklik te wyte was aan befondsing deur die alternatiewe gewasse fonds van die Wes-Kaap se Departement Van Landbou. Befondsing het gehelp met die verhoogde beskikbaarheid van kersie boom wortelstamme, registrasie van geskikte chemikalieë vir gebruik op kersiebome en versameling van kersie data in Suid-Afrika. Navorsing is hoofsaaklik gedoen deur die Suid-Afrikaanse Cherry Growers Association (SACGA) en Hortgro. Huidige navorsing sluit aanpasbaarheid studies aan om die kersies se aanpasbaarheid in verskillende klimaatstreke te bepaal.
Kersie boerdery is beperk tot spesifieke gebiede as gevolg van die klimaatsvereistes vir hierdie sensitiewe gewasse. Kersies moet ligte somers en lang koue winters, met genoeg koue-eenhede vir 'n lang rusperiode van onder 7°C hê. Hierdie faktore beperk kersie boerdery tot die hoogliggende gebiede rondom Ceres in die Wes-Kaap sowel as die Vrystaat en Noordwes plus kleiner gebiede in Limpopo, Gauteng en Mpumalanga Provinsies.
Kersies is 'n vinnig rypwordende oes vrug met slegs 55 tot 70 dae vanaf bestuiwing tot die oes afhangende van die kultivar. Oes is arbeidsintensief; kersies moet met die hand gepluk word om die stam ongeskonde te hou. Hulle moet vinnig afgekoel word tot 0,5°C om te verseker dat die raklewe en geskiktheid vir uitvoer na die Verenigde Koninkryk wat die belangrikste mark is en na die Midde-Ooste, Europa en Rusland kan geskied.
Soet kersie boerdery in Suid-Afrika het begin met die aanplant van kersie kultivars soos Early River, Early Red Five, Giant Heidelfinger, en Bing. Hiervan word die groot donker-rooi Bing en swart-rooi reus Heidelfinger nog geplant. Daar is 'n groot aantal variëteite wat in Suid-Afrika aangeplant word wat die Royal Hazel, Royal Dawn, Royal Lynn, Royal Edie en Royal Helen insluit. Die variëteite soos Van en Sweet Ann word as kruis-bestuiwers gebruik. Die vroegste kultivar oes is van die Royal Tioga en die kersie seisoen word afgesluit met die Staccato kultivar.
Die gewildste vrank kersie kultivar (in die VSA) is Montmorency.
Soos in die Julie 2019 Cherry Industry verslag van Hortgro is die belangrikste kersie variëteit wat in Suid-Afrika verbou word deur 'n individuele produsent die rooi geurige nuweling die Royal Hazel. Dit is 'n variëteit met 'n goeie raklewe; is geskik vir die vervoer per skip en maak reeds 10% uit van die totale aanplantings an kersies in Suid-Afrika van net minder as 390 hektaar in 2019. Ander kersie kultivars wat ook in groot skaal geplant word sluit Royal Edie en Royal Helen in.
Translated by Wilma Koeppen