Kamfer Bos

© Abu Shawka
Kamferbos (Tarchonanthus camphoratus) staan ​​ook bekend as ‘leleshwa’, Afrika wilde salie of 'vaalbos'. Die naam kamferbos verwys na die sterk kamfergeur van die blare. Dit is 'n klein boom met grys blare en groei tussen 2 m en 9 m hoog. Sy roomkleurige wit blomme vorm wit, wollerige saadkoppe wat tradisioneel gebruik is om kussings te stop. Wilde diere word dikwels gesien waar hulle teen die bome skuur - studies het getoon dat insekte soos bosluise nie hierdie diere pla nie. Kamferbos word ook deur die Maasai-mense as beddegoed gebruik; hulle glo dat dit hul beter laat slaap en dat dit insekbyte voorkom.
Boere in die Noordwes-provinsie van Suid-Afrika gebruik die jong blare van kamferbos as dierevoer in 'n voermengsel danksy die plant se relatiewe hoë (30%) proteïeninhoud. Kanferbos se hout is swaar, termiet-bestand en is ideaal vir musiekinstrumente en komplekse houtwerk. Die kamferbos help om koors, wonde en snye te behandel en dien as 'n natuurlike preserveermiddel wanneer dit by velsorgformulerings gevoeg word. Die inaseming van rook van die smeulende blare kan toe sinusse en hoofpyn verlig, terwyl ekstraksies van die blare help om hoes, tandpyn, brongitis en abdominale pyn behandel. Die blare word gebruik vir die massering stywe spiere.
'n Essensiële olie word geproduseer deur stoom distillasie van die blare. Hierdie olie het uitstekende potensiaal in die parfuumbedryf vir sy "manlike" en spesery-agtige geur-profiel. Dit bevat 0,3% van ‘n aktiewe insekdoddende bestanddeel wat tussen 6 - 10 uur effektief is. Die olie word ook gebruik vir sy anti-irriterende en helende eienskappe en is geskik vir sensitiewe velle, dermatitis en sonbrand.

Die boom het 'n uitgebreide wortelstelsel wat nuttig is in die rehabilitasie van duine en om gronderosie te voorkom. Dit is brand-bestand en kan ‘n goeie natuurlike ‘vuurmuur’ maak. Die plant is droogtebestand en kan ​​sout seewinde en ryp weerstaan. Plantmateriaal word meestal wild geoes, maar daar is kommersiële aanplantings in die Noordwes en Vrystaat. Die boom groei in die natuur in die warmer gebiede van Oos-Afrika, Suid-Afrika, sowel as Botswana en Angola.

Mediese Vrywaring

Die inligting is slegs vir opvoedkundige en inligtingdoeleindes. Dit mag nie as mediese advies geïnterpreteer word nie, en is nie bedoel om mediese advies of behandeling te vervang wat deur gesondheidswerkers aangebied word nie.

Translated by Hazel Oliver