Hennep Spesies

©Marinda Louw

In sy boek, Psyche Delicatessen Encyclopedia, sê Peter Stafford dat die meeste kenners beweer dat daar ten minste drie spesies van Cannabis plante is, wat van mekaar verskil in groeiwyse, sade, stele en hars (cannabinoïde) inhoud.

Spesies van Hemp en Dagga

©Craft Sense

Cannabis sativa L. is 'n subspesie van dagga bekend as hennep (hemp). Variëteite het 'n THC inhoud van minder as 0.3%. Hennep is 'n nie-psigose vorm van dagga. Die spesie is in China ontdek en in 1753 geklassifiseer as Cannabis sativa Linnaeus, vernoem na Carl Linnaeus, 'n Sweedse plantkundige. Hierdie spesie produseer sterk vesels, kan groei tot 5m hoog en is baie geskik vir hennep saad en veselproduksie.

Cannabis indica Lamarck is 'n kort bossie plant met 'n koniese groeiwyse en is nie geskik vir veselproduksie nie. Cannabis indica of dagga het die hoogste vlak van die psigoaktiewe-hars tetrahydrocannabinol (THC) met THC konsentrasies van 18% tot 38%.

'n Derde spesie, Cannabis Ruderalis is in 1924 geïdentifiseer in Siberië waar dit wild groei. Hierdie spesie, wat net meer as 60 cm hoog groei, het min psigoaktwiteit en word binne 7 weke volwasse. Saad van C. Ruderalis is gebruik in begrafnisrituele van voor 450 V.C.

Die C. sativa-tipe het eerste versprei na die res van die wêreld, waarskynlik as gevolg van sy nuttige vesel en eetbare sade.

Tipes van Hennep

Die Universiteit van Kentucky in die VSA se Kollege vir Landbou, Voedsel en Omgewing Koöperatiewe Uitbreiding Diens beveel hennep boere aan om navorsing te doen oor hennep rasse, gebaseer op die komponent van die hennep plant wat hulle wil oes. Komponente kan vesel vir tekstiele en boumateriaal wees, hennep sade vir olieproduksie of die vegetatiewe dele vir CBD olieproduksie. Boere moet dus rasse kies wat bewysde presteerders is vir hul onderskeie programme.

Die lang, primêre hennep vesel aan die buitekant van die hennep stele word gebruik vir saamgestelde versterkings, tekstiele, pulp en papier. Hierdie sterk buitenste vesel is aan die innerlike stele met peptien (oplosbare koolhidrate) gebind.

Die hout-agtige kern van die hennep stele (hurd) word gebruik vir boumateriaal, biobrandstof, diere beddegoed en deklaag. Hennep sade lewer hoë-proteïen olies en meel. Blomme en blare word gebruik om die cannabinoïde CBD-ryk olie te onttrek vir medisinale en gesondheids programme.

Spesifieke stamme van industriële hennep word gebruik vir produksie-spesifieke eindprodukte; hennep saad, vesel en dubbeldoel variëteite wat albei vesel en saad produseer. Hennep dubbeldoel-variëteite produseer nie soveel of dieselfde gehalte as eendoelige hennep kultivars nie.

Translated by Wilma Koeppen