Hennep as 'n Vesel vir Tekstiele

© Babertorte

Hennep (Cannabis sativa) is 'n tipe dagga met lae vlakke van die euforiese THC cannabinoïde en veroorsaak nie die 'high' wat verband hou met sy neef, die psigo 'dagga' nie.

Die lang vesel aan die buitenste deel van die vinnig groeiende hennep plant word gebruik vir die maak van 'n sterk tekstiel vir die vervaardiging van jeans, skoene, toue en seile. Trouens, materiale wat van hennep gemaak is, is in grafte gevind wat terug dateer tot 8 000 V.C. Die ontdekkingsreisiger Christopher Columbus het hennep toue op sy skepe gebruik asook, seile van hennep.

Hennep vs Katoen

Hennep kan maklik die gebruik van katoen vervang in die maak van klere. In teenstelling met die katoenbedryf wat 50% van die plaagdoders wat in die wêreld gespuit word gebruik, vereis hennep geen plaagdoders vir verbouing nie. Daarbenewens is hennep vesel sterker, langer en meer absorberend as katoen. Hennep is ook meer skimmel-bestand, het 'n beter insulasie/isoleervermoë en is minder geneig om te vervaag as katoen.

Hoe om Hennep tot Tekstiel te Prosseseer

Hennep wat vir die vesel gegroei word in die produksie van tekstiele moet vroeg gedurende die blomstadium geoes word voor dat dit saad produseer. Dit kan 70-90 dae na saai gebeur. Oes van hennep word gedoen met 'n konvensionele stroper masjien.

Die eerste stap in die verwerking van hennep is roting (losweking van vlasvesels). Roting is wanneer hennep stingels in water gelos word om te week. Roting geskied wanneer bakterieë en swamme die Pektiene wat die hennep vesel bymekaar hou afbreek. Roting kan op drie maniere gedoen word. Hennep stingels kan in die veld gelaat word vir tussen vier tot ses weke, dit kan in water gedompel word vir sowat 10 dae of met ensieme behandel word. Wanneer die roting proses voltooi is sal die stingels wit wees met die lang vesels wat maklik van die houtagtige kern geskei kan word.

Met die volgende stap word die hennep stingels versamel en na die "dekortisering" masjien gestuur. In hierdie proses word die stamme gebreek en die houtagtige kern van die lang hennep vesels geskei. Die lang vesels word deur 'n roller gestuur wanneer die vesels sag is voordat dit van 3m tot korter lengtes gesny word, byvoorbeeld net 650 mm. Die korter stukke word dan gekam, gestryk en enige kort verstrengelde of houtagtige deeltjies word verwyder. Die kort vesel staan ​​bekend as vlasvesel en die lang vesels as lyn vesel.

Die hennep vesel word dan opgelyn in aaneenlopende “repe” vir die spin proses wat óf nat of droog kan geskied. Nat spin lewer die beste garings omdat dit die pektien sag maak wat 'n beter skeiding van die vesel toelaat en fyner hennep gare vervaardig.

Voordele van Hennep Vesel

©Marinda Louw

Hennep is beter as ander tekstielvesel gewasse (soos katoen of vlas vir linne), beide in terme van die groeiproses en die gebruik daarvan. Die voordele om hennep liewer as katoen te groei sluit in die minder water wat benodig word. Hennep benodig ook minder plaagdoders omdat dit bestand is teen peste en siektes terwyl die opbrengs van hennep vesel (per hektaar) hoër is as vlas en katoen.

In terme van vesel gehalte is hennep een van die sterkste natuurlike vesels, 'n goeie isolator, het 'n uitstekende vermoë om lug en vog oor te dra, is bestand teen muf en skimmel en is hoogs bestand teen slytasie-en-skeur. Die sagtheid van hennep stof styg met die dra daarvan en kleur vevaag nie so vinnig soos in katoen nie.

In terme van hennep as 'n tekstiel vir huis meubels het dit uitstekende UV eienskappe (geskik vir blindings en gordyne) en dit rek nie baie nie so gestoffeerde produkte behou hulle vorm.

Translated by Wilma Koeppen