Groenboontjie Gewasbestuur

© Louise Brodie

Wisselbou

Groenboontjiegewasse moet verkieslik met ander nie-peuldraende gewasse afgewissel word ten einde die oordrag van siektes soos Fusariumverlepsiekte, antraknose en bakteriële roes te voorkom.

Opbrengs (ton per hektaar)

Konserwatief: Ses ton
Gemiddeld: Ag ton
Goed: 12+ ton

Oesinsameling

Begin oes na tien weke. Oes weer twee tot drie dae later om nuwe blomknoppe aan te moedig ten einde produksie verder te verhoog. Daarna kan daagliks geoes word om die boontjiepeule te vang terwyl hulle jonk en sag is aangesien boontjies vinnig ryp word, veral soos dit warmer word soos die somer nader.
Oes groenboontjies in die vroegoggend terwyl dit nog koel is aangesien die boontjies kan dehidreer en verlep in warm toestande. Dit is belangrik om die boontjies binne twee ure by ’n koel stoorruimte te kry.

Bewaring

Bewaar boontjies teen 4-5 °C vir ’n maksimum van sewe dae om te verseker dat ’n kwaliteit produk gelewer word. ’n Relatiewe humiditeit van bo 90% moet verkieslik in die stoorfasiliteit gehandhaaf word.

Plaag- en siektebeheer

Dit is noodsaaklik dat die produsent raad van hulle plaaslik voorligtingsbeampte of ander chemiese spesialis kry vir plaas- en siektebeheer.

Pests

Nematodes, waarvan knopwortelaalwurms die algemeenste is, moet voorkom word deur die grond te fumigeer voor daar gesaai word. Amerikaanse bolwurms, plantluise, pampoenvlieë, rooinspinmyte en tripse is van die algemeenste plae in groenboontjieproduksie.

Siektes

Algemene siektes wat groenboontjieproduksies affekteer is roes, boontjie-mosaïekvirus, Fusariumwortelvrot, antraknose,
Some common diseases affecting Green Bean production are Rust, Bean Mosaic Virus, Fusariumwortelvrot, Anthracnose, bakteriële roes en sklerotinia.

Translated by Ananda Schoeman