Frambose

©Glenneis Kriel

Frambose is inheems aan Asië, Noord-Amerika en Europa. Hulle is al sedert antieke tye in Griekeland geniet. King Edward I was die eerste persoon om vir die verbouing van hierdie bessies te vra wat gelei het tot volop framboos bosse in die Britse tuine in die 13de eeu. By die 18de eeu het die produksie uitgebrei na die res van Europa toe.

Frambose is lank beskou as 'n luukse kos, omdat net die rykes hierdie eksotiese bessies kon bekostig. Deur die Middeleeue het dit reeds talle gebruike gehad as 'n gesondheids behandeling, medikasie sowel as 'n kleurstof.

Die framboos is 'n veeldoelige vrug en sy naam is waarskynlik afgelei van 'n soet-roos gekleurde wyn genoem ‘raspeys’. Daar word geglo dat die Duitse woord ‘raspoie' (wat bos beteken), of die Engelse woord ‘rasper'- met verwysing na die growwe oppervlak van die bessie - die naam van die bessie geïnspireer het soos ons dit vandag ken.

Internasionale Produksie

Internasionale produksie het byna verdubbel sedert 2007 as gevolg van verbruikers se groeiende gesondheidsbewustheid en die neiging dat frambose gesien word as 'n ‘Supervoedsel’. Die grootste produsente, soos gerapporteer deur die Internasionale Framboos Organisasie, is Pole, Serwië, Chile en China.

Pole het 26 000 ha in 2016 onder produksie gehad, wat 120 000 ton bessies by 4.5 ton per hektaar gelewer het. Serwië het 15 000 ha onder produksie wat 110 000 ton bessies by 5.6 ton / ha opgelewer het. In 2019 het China 15 000 ha, wat 75 000 ton bessies by 5 ton / ha is, geproduseer. Chile het 9 000 ha onder produksie wat 36 000 ton bessies by 4 ton / ha vervaardig, gehad.

Die Verenigde State van Amerika, wat ook 'n belangrike speler is, het 4 200 ha onder produksie in 2018 gehad wat 48 000 ton bessies by ongeveer 11 ton / ha opgelewer het. Die meeste van hierdie bessies word in Kalifornië geproduseer.

Plaaslike Produksie

©Glenneis Kriel

Terwyl produksie groei in Suid-Afrika, is die bedryf nog klein met net 'n handjievol produsente wat vir meer as 8% van die produksie verantwoordelik is, indien nie meer nie. Daar is verskeie redes hiervoor. Een rede is dat plantmateriaal beperk en moeilik bekombaar is. Produksie is arbeidsintensief en vereis duur verkoeling infrastruktuur vir na-oes bestuur. Die vrugte word ook maklik beskading en het 'n kort raklewe.

Produksie

©Glenneis Kriel

Produksie vind hoofsaaklik in die Wes-Kaap en die Vrystaat provinsies plaas. Frambose word gewoonlik in diep, goed gedreineerde leemgrond of sanderige leemgronde met 'n hoë organiese material geplant.

Die hoë opbrengste het produsente in sommige lande gemotiveer om die bessies onder beskerming, soos skadunette of tonnels, te groei. Of dit 'n lewensvatbare opsie in Suid-Afrika sal wees, sal grootliks afhang van die koste van die infrastruktuur en die energie koste vir die beheer van die klimaat.

Produksie Seisoen

©Glenneis Kriel

Somer draers het hoë verkoelings vereistes (soortgelyk aan appels) en produseer 'n enkele oes gedurende die somer seisoen. Hulle is in staat om suksesvol te wees in die meeste van die gebiede waar appels geplant word.

Herfs draers het 'n lae verkoelings vereiste wat lei tot 'n oes vroeg in die somer en weer in die laat somer tot herfs. Hulle is geskik vir warmer subtropiese gebiede.

Variëteite

'n Verskeidenheid van rasse word hoofsaaklik na gelang van die geskiktheid van 'n spesifieke variëteit vir produksie in 'n spesifieke gebied geplant en die mark navraag vir daardie variëteit. Die belangrikste lente draers is Glen Prosen, Glen Lyon en Tulameen, terwyl die belangrikste herfs draers Heritage en Autumn bliss is.

Afhangende van die verskeidenheid kom frambose in rooi, swart, geel en pers voor met die rooi en geel gekleurde frambose wat deel uitmaak van dieselfde spesie en wat die gehardste van die lot is. Braambessies behoort aan 'n ander subspesie. Hulle is oor die algemeen minder koue verdraagsaam as die rooi variëteite. Die pers rasse is hoogs lewenskragtige plante wat uit 'n kruising van swart en rooi frambose ontwikkel.

Verkoeling en die vlak van volwassenheid het ook 'n impak op die kleur. In 2019 is die donker rooi of pienk byna oranje-rooi bessies.frambose deur verbruikers verkies.

Verkope

©Glenneis Kriel

Die internasionale en plaaslike vraag na frambose het stadig maar seker oor die afgelope paar jaar gegroei. Die meeste van die frambose van Suid-Afrika word uitgevoer met min of meer 80% van hierdie bessies wat bestem is vir die Verenigde Koninkryk. Die oorblywende 20% word na die Midde-Ooste en die Europese Unie gestuur.

Gebruike

Frambose word as 'n Super-voedsel gekenmerk omdat hulle vol antioksidante en ryk aan vessel is en hoë vlakke van vitamien A en C bevat. Hulle is ook cholesterol-vry en bevat phytonutriënten, wat blykbaar vetsug afweer deur die verhoging van ensiemaktiwiteite en suurstofverbruik. 

Frambose kan as vars vrugte geniet word of verwerk word om gebruik te word in nageregte, sap, jogurt, drank, terte, tee en konfyt.

Translated by Wilma Koeppen