Eendvleis word in Suid-Afrika meestal as heel, gevries of vars verkoop. Sommige vleisverskaffers verkoop ook dy en borsporsies, afval en eendvet, sowel as geprosesseerde produkte soos eendlewerpatee, gerookte eend, pasteie en rypgemaakte produkte.
Ander eend-verwante produkte sluit in foie gras (eendlewer), eendeiers, asook eenddons en veerprodukte. Eende word ook op plase aangehou as ‘n eko-vriendelike manier om slakke te bestry. Eende is waardevol as beskermers van kleiner pluimvee soos hoenders teen rotte en ander klein roofdiere.
Eende word in hoender (tegnies “pluimvee”) abattoirs geslag, maar dit benodig effense aanpassings weens die eende se swaarder gewig. Die enigste uitdaging in die slag van eende (of ander watervoëls) in vergelyking met hoenders, is dat hulle penvere het wat diep in die vel vassit. Die skroei en plukmasjien in ‘n pluimvee abattoir mag dalk nie altyd die eendpenvere heeltemal verwyder nie en dan moet die oorblywende vere en donsvere met die hand verwyder word.
Die slagproses behels hang, skok, skroeitenk, ontvering, verwydering van interne organe, verdeling in porsies (indien benodig) en verpakking. Heel eende word vakuumverpak in bokse en beide vars en bevrore verkoop.
Eend kan verder verwerk, verdeel en voorberei word in produkte soos eendpatee, eendspek, ontbeende eend, wors, en gerookte eend. Eendvet word hoog aangeskryf vir die geur daarvan by die bereiding van geregte soos bv. geroosterde aartappels en is dikwels goedkoper as botter. Die vet is afkomstig van die liggaamsvet en die vel tydens die slag en verdelingsproses. Dit het ‘n hoë rookpunt wat dit geskik maak om mee te kook sonder om ‘n brandgeur te veroorsaak.
Eend eiers is nie net groter as hoendereiers nie, maar hulle het ‘n groter porsie eiergeel en omdat die doppe dikker is, het hulle ‘n langer raklewe. Die voedingswaarde van die eiers word bepaal deur wat die diere gevoer word om te eet. Eendboerdery is dikwels ‘n vrylopende sisteem waarin eende blootgestel word aan die son en daarom mag die vitamiene D inhoud hoër wees as dié van binnenshuise-gevoerde eende.
Eendeiers word ook beskou as superieur vir bakdoeleindes weens die hoër proteïen en vetinhoud van die geel, hoewel die laer waterinhoud mag veroorsaak dat dit rubberagtig word wanneer dit te lank gaargemaak word.
Daar word met eende geboer spesifiek vir vere en donsproduksie. Dons is die ligte, sagte filament wat die onderlaag vorm van ganse, eende, of swane se liggame en word gebruik as ‘n insulerende stopsel vir klerasie en beddegoed. Eendliggaamsvere is growwer en word gebruik om kussings, klere en ander produkte mee te stop.
Daar is drie metodes vir die verwydering van dons en liggaamsvere van eende: nadat hulle geslag is; deur dit op te tel waar die diere verveer en deur dit te pluk terwyl die diere lewend is. Hierdie metode is standaardpraktyk op fabrieksplase wêreldwyd en veroorsaak dikwels dat die dier se vel skeur en word elke ses tot sewe weke herhaal.
Pluk van vere en dons nadat die dier geslag is, is nie prakties nie, omdat Suid-Afrikaanse regulasies bepaal dat abattoirs waar eende geslag word, van alle diere-afval, insluitend bloed en vere, moet ontslae raak.
Foie gras beteken letterlik ‘vet lewer’ en is die lewers van eende (of ganse) wat vet gevoer is sodat liggaamsvet vining opgebou is met die resultaat van ‘n vergrote lewer. Voor migrasie sal watervoëls hulleself oorvreet om hulle lewers vet te laat word sodat hulle genoeg energie sal hê gedurende hul lang migrasies.
In modern boerderye is die handvoerdery van geweekte koring en vye, soos gedoen deur die antieke Grieke, vervang deur ‘n voerbuis. Die dier word vir ‘n periode van byna twee weke, twee maal per dag geforsvoer (in ‘n proses genoem 'gavage') met koring deur ‘n voedingsbuis. Vir hierdie doel word diere dikwels aangehou in klein hokkies en kan hulle nie hulleself skoonmaak of versorg nie. Die praktyk word in baie lande verbied, insluitend Suid-Afrika.
Nadat die geforsvoerde eende geslag is, word die vergrote lewers voorberei as lewer, ingemaak of verwerk in ‘n mousse of meer algemeen, as foie gras patee.
Translated by Elna Van Rhyn