Groeiende bewustheid oor die belangrikheid van gesonde grond het veroorsaak dat 'n groter aantal boere nou gebruik maak van bewaringsboerdery praktyke. Hierdie benadering is gegrond op drie pilare, naamlik: minimum bewerking, dekgewasse en wisselbou.
Bewaring of minimum bewerking is in die 1970’s in die VSA op ʼn groot skaal bekend gestel en het van daar af versprei na ander lande, insluitende Suid-Afrika. Met vroeë konvensionele bewerking is die grond óf geploeg óf omgespit, wat die grondstruktuur ontwrig het en met verloop van tyd gelei het tot die grond se agteruitgang en erosie. Sulke bewerking het ook 'n negatiewe impak op die grond se waterhou vermoeë en word geassosieer met die vernietiging van voordelige grondorganismes.
Met bewaringsbewerking word die grond so min as moontlik versteur. Tydens planting word gespesialiseerde bewarings tand- of skyf planters gebruik om net die grond bloot oop te krap of tot die verlangde diepte te spit in die ry waar daar geplant word. Die plant en bemesting kan dan dieselfde tyd geskied.
Om erosie te voorkom sal boere wat ernstig is oor bewaring 'n stap verder moet gaan en gebruik maak van GPS-tegnologie om seker te maak dat al die toerusting wat tydens produksie elke jaar gebruik word, op presies dieselfde spore as die vorige jaar sin loop.
Nul of geen-bewerking is die mees uiterste vorm van minimum bewerking, waar net 'n smal gleuf in die deklaag van die grond gemaak word waarin die saad en kunsmis geplaas word.
Boere het dalk in die verlede die land verbrand na die oes om ontslae te raak van die onkruid. Bewarings boere verbrand nie hulle grond nie maar laat oesreste op die land agter in 'n praktyk wat bekend staan as stoppel behoud. Stoppel behoud het verskeie voordele. Dit kan:
ʼn Buffer wees teen wind- en watererosie
Dit kan waterinfiltrasie en die waterhouvermoë van die grond vermeerder
Dit kan verdamping verminder
Dit kan organiese materiaal in die grond vermeerder
Dit kan grondorganismes van uiterste klimaatstoestande beskerm
Dit kan dien as verblyf plek en voedsel vir voordelige organismes
In plaas van mono-verbouing, waar dieselfde gewas jaar na jaar op dieselfde stuk grond geplant word, beoefen bewarings boere wisselbou. Hulle sal die verskillende gewasse evalueer wat geskik is vir produksie in die spesifieke produksie-omgewing en dan dit plant nadat hierdie gewasse omgeruil is met mekaar.
In die Wes-Kaap kan gewasse soos koring, kanola (canola), gars, lupiene, medics en lusern byvoorbeeld in die rotasie sisteem van hierdie wisselboustelsel opgeneem word. Die sleutel tot sukses is om nie 'n jaarlikse oes van dieselfde familie op dieselfde land vir meer as twee jaar na mekaar te plant nie. Die rotasie stelsel moet net gesien word as bestuurs hulp. Boere kan dit aanpas soos benodig, byvoorbeeld wanneer onkruid of siekte probleme ontstaan.
Die doel van wisselbou is om siekte siklusse wat verband hou met mono-verbouing te breek. Spesifieke organismes en siektes wat verband hou met spesifieke gewasse sal vermeerder indien jy net hierdie gewasse plant. Deur om iets anders te plant is hierdie organismes sonder 'n voedselbron, wat tot gevolglik veroorsaak dat daar 'n afname in hul getalle sal wees.
Wisselbou help boere om 'n groter verskeidenheid van onkruiddoders te gebruik om onkruid probleme in toom te hou, wat op sy beurt weer help om die ontwikkeling van weerstand teen onkruiddoders te verhoed. Grasdoders byvoorbeeld kan nie gebruik word wanneer koring geplant word nie, omdat dit die koring sal vernietig. Boere kan egter hierdie grasdoders gebruik wanneer breëblaargewasse geplant word. Dieselfde geld vir breëblaar onkruiddoders. Dit kan nie gebruik word op breëblaargewasse nie, maar wel tydens koringproduksie.
Wanneer onkruiddoders gebruik word moet die instruksies altyd gevolg word en die produkte met verskillende aktiewe bestanddele geruil word om weerstand teen onkruiddoders te voorkom.
Translated by Wilma Koeppen