Avokado Seisoene

© Photo courtesy of the California Avocado Commission

Avokado's in Suid-Afrika is winter-vrugte wat in humiede subtropiese gebiede van die land geproduseer word veral in die Limpopo en Mpumalanga provinsies. 

Oorspronklik was daar drie avokado spesies geskik vir die verskillende gebiede van avokado produksie. Die rypgevoelige Wes-Indiese kultivars wat in die warm tropiese en klam vlaktes van Sentraal-Amerika ontwikkel het terwyl die Mexikaanse tipes avokado meer aangepas is om in koeler, tropiese hoogliggende gebiede met wyer temperatuur uiterstes te groei.

Die derde tipe, Guatemalaanse avokado’s verkies koel tropiese toestande met 'n minimale verskeidenheid van temperatuur uiterstes.

'Moderne' kultivars soos Fuerte, wat gewild is in Suid-Afrika, is ontwikkel deur natuurlike en geteelde kombinasies van oorspronklike avokado tipes. In die geval van die Fuerte avokado, wat 'n kruising tussen Guatemalaanse en Mexikaanse avokado’s is laat dit die kultivar toe om te groei in 'n klimaat wat 'n wyer temperatuur uiterste bereik as die suiwer Guatemalaanse tipe.

Avokado Oes Seisoene

©Chris Wessels Photography

Die tyd vir die avokado oes hang af van die klimaatstreek asook die kultivar. In Suid-Afrika word die meeste avokado’s van Maart tot September geproduseer, afhangende van die produksie area en die kultivar wat die seisoen kan strek vanaf Februarie tot November.

Die Fuerte avokado word byvoorbeeld vanaf Februarie tot April rondom die dorp van Levubu in die verre noorde van die Limpopo-provinsie geoes. Dit kan ook van Mei tot Augustus in die suidelike dele van die provinsie van KwaZulu-Natal gepluk word. Fuerte is ook die vroegste avokado kultivar.

Een van die nuutste kultivars is Rya, wat so laat as Oktober op plase in KwaZulu-Natal geoes kan word. Ander laat variëteite is Lam Hass, wat die nuutste kultivar is asook die groot ronde Reed, Carmen-Hass en Gem.

As gevolg van die beperkte seisoen vir die beskikbaarheid van avokado’s in Suid-Afrika het baie private produsente kultivars geproduseer om die oesseisoen te verleng. Twee voorbeelde sluit GEM in wat vier weke later as Hass geoes word en Carmen-Hass 'n vroeë-volwasse avo wat vier weke vroeër as Hass geoes word.

Translated by Wilma Koeppen