Aspersie Gewasbestuur

© Louise Brodie

Opbrengs (ton per hektaar)

Volle produksie word eers na omtrent vyf jaar bereik.
Konserwatief: 5 ton
Gemiddeld: 8 ton
Goed: 12 ton

Oes

Aspersies kan in die tweede jaar van groei geoes word omdat die aspersiekroon eers volgroeid en sterk moet wees. Volle produksie behoort na omtrent vyf jaar bereik te word. Die beste manier om aspersies te oes is met ’n “beitelvormige” mes. Kort ná die aspersiepunte opkom word dit sowat 50 mm onder die oppervlak afgesny.
Dit bring aspersiepunte van ongeveer 200 mm - 250 mm lank voort. Moet nie die aspersiepunte te lank laat word nie aangesien die smaak verlore gaan en dit hard word. Aspersies kan ook meganies geoes word, maar dit is nie ’n algemene praktyk nie omdat dit die opbrengs met soveel as 40 % kan verminder.

Berging

Aspersies bederf vinnig en moet so gou as moontlik na die oestyd verkoop word. Direk na oestyd moet dit by 0°C – 2°C verkoel word. ’n Relatiewe humiditeit van meer as 90 % moet gehandhaaf word om te verhoed dat die aspersiepunte uitdroog. Aspersies kan vir tot 14 dae lank onder hierdie kondisies gebêre word. Die aspersiepunte moet regop gebêre word anders buig dit en word die gehalte dus beïnvloed.

Plae

Algemene plae is die aspersiekewer (asparagus beetle) en snywurm (cut worm).

Siektes

Algemene siektes is roes (asparagus rust) en Fusarium verwelk (Fusarium wilt).

Translated by Ananda Schoeman