Aarbeie

©Glenneis Kriel

Aarbeie vorm deel van die roosfamilie. Die vlesige, eetbare deel van die plant is die vergrote houer van die blom, terwyl die sigbare "saad" wat die oppervlak van die bessie vol dotjies maak, achenes genoem word, en die eierstokke van die plant is. Elke saad is tegnies 'n vrug.

Die oorsprong van dié plant naam is onseker. Sommige sê dit verwys na die manier waarop die verspreiding van die plant net oor die produksie area gestrooi is. Ander dink dat dit dalk 'n verwysing is na die strooi waarin dit baie jare gelede die gebruik was om dit in te verkoop in Engeland, of selfs die deklaag waarin aarbeie dikwels geproduseer word.

Aarbeie is gebruik vir medisinale doeleindes deur die antieke Romeine so ver terug as 230 VC om enigiets van melankolie tot nierstene te genees. Gedurende die Middeleeue is dit gesien as 'n opkikker en 'n simbool van liefde as gevolg van sy hart vorm en rooi kleur. Aarbei ontwerpe is gedurende hierdie tyd dikwels op altare en aan die bokant van die kerk en katedraal pilare uitgekap om perfeksie en geregtigheid te simboliseer.

Daar word deur David Trinklein van die Universiteit van Missouri in die VSA beweer dat 'n prominente figuur in Napoleon se hof-Madame Tallien bekend was daarvoor vir die swem in aarbeie. Na bewering het sy tot tien kilogram aarbeie per bad gebruik.

Indiane het reeds aarbeie geëet toe die koloniste in Amerika aangekom het. Verbouing het begin tydens die Renaissance tydperk in Europa, maar die Verenigde State van Amerika het die eerste baster aarbei in 1780 ontwikkel.

Internasionale Produksie

China is die top aarbei produksie land in die wêreld en verantwoordelik vir meer as 40% van die produksie. Dit is volgens Tridge, 'n globale aankope middelpunt. Die Verenigde State van Amerika is die tweede grootste produsent en vir ongeveer 15% verantwoordelik gevolg deur Mexiko, Spanje, Turkye en Egipte, wat elk verantwoordelik is vir 4 tot 5% van die totale produksie.

Spanje is die top uitvoerder en verantwoordelik vir 23% van die totale uitvoere, gevolg deur Mexiko wat verantwoordelik is vir 22%, die Verenigde State van Amerika, wat verantwoordelik is vir 18% en Nederland wat verantwoordelik is vir 10,2%.

Die top invoerder is die Verenigde State van Amerika, wat vir net meer as 20% van invoere verantwoordelik is. Hulle word gevolg deur Kanada wat verantwoordelik is vir 13% en Duitsland wat verantwoordelik is vir 10%. Die Verenigde Koninkryk is verantwoordelik vir 8%.

Plaaslike Produksie

©Louise Brodie

Die eerste aarbei rasse is reeds in 1656 na Suid-Afrika gebring. Die Suid-Afrikaanse Aarbeie Produsente Vereniging is in 1972 gestig om produsente met 'n platform te verskaf waar spesifieke kwessies tot die wedersydse voordeel van sy lede gerig is en aan hulle verskaf kan word.

Produksie het aansienlik in Suid-Afrika toegeneem oor die afgelope dekade as gevolg van die groeiende aanvraag, maar is nogtans duur en arbeidsintensief, wat lei tot sowat 12 produsente wat verantwoordelik is vir ongeveer 90% van alle produksie.

Produksie

©Glenneis Kriel

Aarbeie floreer in gebiede met koue winters en matige somers, en vaar die beste in goed gedreineerde grond met 'n hoë inhoud van organiese materiaal. Die meeste van Suid-Afrika se aarbeie word in Brits geproduseer - 'n dorp in die Vrystaat - asook in George, Paarl en Stellenbosch in die Wes-Kaap.

Ongeveer die helfte van die land se aarbeie word buite geproduseer terwyl die res onder beskerming is. Dit help nie net om hierdie hoë-waarde gewasse teen omgewings elemente te beskerm nie, maar verleng ook die produksie seisoen en verbeter die aarbeie se gehalte. Om onder beskerming te plant dryf egter produksiekoste aansienlik op.

Produksie Seisoen

©Glenneis Kriel

Afhangende van die verskeidenheid en produksie streke van Suid-Afrika, word aarbeie vanaf Maart tot April geplant en vanaf Junie tot Desember geoes.

Variëteite

©Glenneis Kriel

Die meeste van die algemene aarbei spesies is basters van die wilde Virginia aarbei wat inheems is aan Noord-Amerika, asook 'n Chileense variëteit. Verskillende tipes van aarbeie word in Suid-Afrika geplant, met die meeste van die plantmateriaal wat onder teler regte is, wat beteken dat boere of tantieme moet betaal of aan 'n produsente klub moet behoort om toegang tot die plantmateriaal te verkry.

Die variëteite is óf dag-neutrale of kort-dag produsente. Dag-neutrale rasse blom onafhanklik van daglengte, terwyl kort-dag produsente 'n sekere bedrag van daglig vir blom vereis. Hulle blom in die algemeen tydens lente of herfs.

Verkope

©Glenneis Kriel

Byna die helfte van aarbeie in Suid-Afrika word plaaslik vars verkoop. Die res word óf verwerk of uitgevoer na ander Afrika-lande soos Swaziland, Namibië, Mauritius en Mosambiek of na die Midde-Oosterse lande soos die Verenigde Arabiese Emirate, Katar en Koeweit.

Gebruike

Aarbeie word beskou as 'n supervoedsel as gevolg van hul hoë vitamien, mineraal, vesel en antioksidante inhoud. Aarbei "saad" is ook ryk aan Omega 3.

Aarbeie kan rou geniet word, of in slaaie tydens bak en in jogurt gebruik word of verwerk word tot konfyt, drankies of stroop.

Die vrugte en blare word gebruik om 'n wye verskeidenheid van toestande te behandel wat wissel van artritis tot koors, derm en nier siektes, bloed suiwering en bloedarmoede. Dit kan ook saamgepers gebruik word om vel uitslag te behandel.

Translated by Wilma Koeppen