Provinsiale Wapens

’n Wapen word, volgens die Heraldiek Wet No. 18 van 1962 van Suid-Afrika, omskryf as enige voorwerp of figuur wat deur ’n simboliese voorstelling in kleur op ’n skild, in ooreenstemming met die beginsels en reëls van Heraldiek, vertoon word. Dit kan met of sonder ’n kroon, helm, helmteken, dekklede, skilddraers, leuse of ander bykomstighede wees.

Die doel van ’n Provinsiale Wapen

Elk van die nege provinsies in Suid-Afrika het ’n unieke provinsiale wapen wat die spesifieke gebied voorstel en die amptelike seel van die provinsie is. ’n Provinsiale Wapen is die hoogste visuele simbool van ’n provinsie. Absolute gesag word aan elke dokument waarop hierdie wapen aangebring is gegee.
Southafrica.co.za verskaf in al elf amptelike tale van Suid-Afrika ’n beskrywing van elke provinsie se Provinsiale Wapen asook ’n verduideliking vir die gebruik van die simbole.

Reëls vir die gebruik van die Provinsiale Wapens

Geen buitelyn mag rondom die wapen getrek word nie en daar mag nie enige veranderinge aan die dikte van die lyne wees nie.
Die wapen mag nie omgedraai, skeef of verwring word nie.
Die wapen mag nie deur ander voorwerpe oorvleuel of vermeng word nie.
’n Hoër geagte wapen bv. die landswapen moet altyd meer dominant aangebring word.

Translated by Ananda Schoeman

Oos-Kaap Provinsiale Wapen

Die Oos-Kaap Provinsie se nuwe wapen is op 25 Maart 1996 bekend gestel. Die wapen begin met ’n groen basis en die Engelse leuse, Developme...more

Vrystaat Provinsiale Wapen

Die Vrystaat Provinsie se wapen is amptelik op 7 Mei 1999 bekend gestel. Dit het ’n veelkleurige basis van groen, bruin en roomkleurig wat...more

Gauteng Provinsiale Wapen

Die basis van die wapen is drie goudstawe waarop die provinsie se leuse, Unity in Diversity, is. In Afrikaans beteken dit “Eenheid in Dive...more

KwaZulu-Natal Provinsiale Wapen

Die KwaZulu-Natal Provinsie het tot 2004 gewag voordat hulle ’n nuwe wapen bekend gestel het. Gedurende die 10 jaar tydperk na die verkies...more

Limpopo Provinsiale Wapen

Die basis van die Limpopo Provinsie se wapen is swart en groen. Die leuse, Peace Unity and Prosperity, is op ’n wit boekrol geskryf. In Af...more

Mpumalanga Provinsiale Wapen

Die Mpumalanga Provinsie se wapen het ’n groen basis met die Latynse leuse, Omnia Labor Vincit, bo-op geskryf. Dit beteken “Arbeid sal a...more

Noordwes Provinsiale Wapen

Dit is die enigste wapen van enige van die nege provinsies van Suid-Afrika wat duidelik op die kleure en in ’n sekere mate die vorm van di...more

Noord-Kaap Provinsiale Wapen

Die Noord-Kaap Provinsie se wapen is op 25 Augustus 1997 bekend gestel. Onder op die basis is die leuse, sa k//?a: !aĩsi ?uĩsi, in San ges...more

Wes-Kaap Provinsiale Wapen

Die nuwe Provinsiale Wapen van die Wes-Kaap is in 1998 aanvaar en bekend gestel. Hierdie wapen is deur Fred Brownell ontwerp. Hy het deeglik...more