Die Bosveldstollingskompleks en die Vredefortkoepel

© David Fleminger

Transvaal Supergroep

Na die Transvaal Supergroep is die Bosveldstollingskompleks gevorm toe ’n groot hoeveelheid gesmelte rots vanaf die mantel na die boonste vlakke van die Transvaal Supergroep beweeg het. Hierdie indringing in die maklik-geërodeerde sedimente van die Transvaal Supergroep het ’n laag stollingsgesteentes gevorm wat ’n oppervlak van 60 000 vierkante km bedek. Die Bosveldstollingskompleks bevat ook toevallig 80% van die wêreld se platinum. Hoera vir ons!

Dit het egter nie nét goed gegaan nie. ’n Massiewe meteoriet het sowat 2 biljoen jaar gelede ongeveer 120 km suidwes van Johannesburg neergestort. Dit impak was so groot dat die rots 10 km verder te lande gekom het. Die gevolg was die Vredefortkoepel, die eerste en grootste meteoriet impak-terrein op aarde wat oorspronklik tot 250 km van kant tot kant gemeet het (hoewel baie van hierdie krater nou opgevul is). Hierdie impak het ook die goudneerslae wat daardie tyd naby die oppervlak was begrawe.

Die Vredefortkoepel was nie altyd as ’n impak-struktuur beskou nie en deur die jare het verskeie voorstanders hul eie teorieë voorgestel. ’n Onlangse studie het dinge egter effens verklaar en die kontroversie oor die ontstaan van die Koepel blyk opgeklaar te wees. Alhoewel ek nog nie seker is hoe ’n impak ’n koepel en nie ’n krater veroorsaak nie, moet ek my kop buig voor die superieure kennis van my meerderes en verklaar dat ’n meteoriet dit wel gedoen het.

Translated by Ananda Schoeman