Woordelys van Melkbeesterme

©Chris Daly
Abomasum – vierde maag van ‘n herkouer
Asedose – hoë suurpeile in rumen vloeistof
Bakterieë – sellulêre organismes in rumen vloeistof
Beraamde teelwaarde (BTW) – aanduiding van die genetiese meriete (waarde) van diere
Bul gidse – inligting oor die genetiese meriete van bulle wat vir kunsmatige inseminasie (KI) gebruik word
Bul – manlike dier om koeie te dek (om dragtig te word)
Bulseleksie – die uitsoek van bulle vir gebruik in KI
Distokia – moeilike kalwings (hulp benodig met kalfproses)
Dubbeldoelrasse – rasse wat vir vleis- en melkproduksie gebruik word
Genetiese meriete – die genetiese waarde van koeie
Hipokalsemie – lae bloedkalsiumpeile – veroorsaak melkkoors
Hitte weerstand – dier kan goed aard in warm weer
Kalwingsgemak – gemak van kalwing (aanduiding van die gemak van kalwing)
Kalwingsinligting – inligting oor die kalwingsproses
Ketosis – metaboliese siekte in vroeglaktasie a.g.v. vetvertering/vetafbreking
KI – kunsmatige inseminasie
Kolostrum – eerste melk wat na kalwing geproduseer word
Kragvoer – suiwelmeel
Kuilvoer – gepreserveerde ruvoer met hoër voginhoud as hooi
Laktasienommer – ‘n aanduiding van die aantal kalwers of die ouderdom van ‘n koei
Laktasiestadium – die aantal dae na kalf
Mastitis – uierinfeksie
Mastitisbeker – beker om melkkwaliteit (vir uierinfeksie) te monitor
Melk ureum stikstof – ‘n aanduiding van die hoeveelheid stikstof in melk, dui op ‘n wanbalans in die proteïenpeil en -tipe in die dieet
Melkkoors – koei gaan lê na kalwing weens lae kalsiumpeile in bloed
Melklating – melkvloei
Melkmasjien-kloustuk – 4 speenhulse en pype
Melkportaal – die plek waar koeie gemelk word
Melkproduksie – die hoeveelheid melk wat geproduseer word
Melkroetine – die volgorde waarvolgens koeie gemelk word
Melksalf – salf om aan spene te smeer (speensalf)
Namelk-speendoop – speendoop wat na melk toegedien word
Natuurlike dekking – om ‘n bul te gebruik om koeie beset te kry
Nulbeweidingstelsel – geen aangeplante weiding in die dieet van koeie
Omasum – derde maag van ‘n herkouer
Opblaas – oormatige gasopbouing in die rumen
Opdroog – stop melkproduksie
Positiewe energie balans – energie inname is hoër as die energie-behoefte
Produksiestadium – dae na kalf/dae in melk
Retikulum – eerste maag van ‘n herkouer
Rumen – tweede maag van ‘n herkouer
Ruvoer – voergewasse soos hooi, kuilvoer of weiding
Somatiese seltelling (SST) – ‘n aanduiding van uierinfeksie
Speendoop – oppervlakte-ontsmettingsmiddel vir spene
Totale gemengde rantsoen (TGR) – ‘n mengsel van ruvoere en kragvoere volgens ‘n resep
Vastestofinhoud van melk – die totale vet-, proteïen- en laktose-inhoud van melk
Vers – jong vroulike dier voor eerste kalwing
Voerkonsentraat – suiwelmeel
Volhoubaarheid van melkproduksie – die afname in melkproduksie na piekproduksie
Voormelk – eerste melk uit die speen van koeie
Voorspeendoop – speendoop wat voor melk toegedien word
Vroeglaktasie – eerste 60 dae na kalfdatum
Vrotpootjie – infeksie in die hoef
Wet van dalende meeropbrengs – minder inkomste met hoër koste

By Dr Carel Muller