Wat is Temperatuur?

© Leonie Joubert

Temperatuur is 'n basiese meting van die status energie in 'n. omgewing en word grootliks beïnvloed deur die bestraling van die son.

Temperatuur is maklik om te meet en word gebruik, saam met reënval van 'n gebied, om te bepaal watter gewasse beste sal groei in daardie spesifieke gebied. Maar temperatuur parameters soos die gemiddelde daaglikse en seisoenale temperature, minimum en maksimum temperature, optimale en daaglikse (dag en nag) wisselinge moet in ag geneem word van hoe goed 'n oes sal groei in daardie gebied.

Temperatuur het 'n direkte invloed op alle vorms van lewe op aarde. Dit skep gemak of ongemak vir die mens (en 'n behoefte aan verwarming of verkoeling), bepaal oeste en diere se reaksies, die voorkoms van peste en siektes, sowel as die pas waarteen verdamping en transpirasie (vogverlies deur blare) plaasvind.

Hoe word Temperatuur Gemeet

Die temperatuur vir die verbouing van gewasse en in boerdery word gemeet as die lugtemperatuur. Dit word gemeet in skuilings genoem Stevenson skerms, of geventileerde bestralings skilde. Hierdie skuilings word geplaas 2 m bo die grond, naby die vlak van die gewas se blare.

Lugtemperatuur kan wel verskil van grond temperatuur. Snags in die winter is die grond temperatuur baie laer as die temperatuur van die Stevenson skerm. Bv. ryp kan geskied, alhoewel temperatuur voorspellings nie yskoue lug temperature voorspel het nie. Grond temperature kan egter ook warmer wees as die lug temperatuur gedurende die dag, afhangende van die tipe oppervlak. Ope lugtemperatuur kan ook warmer as die skerm temperatuur wees, veral gedurende die somer.

Die temperatuur van die blare wat aan die son blootgestel word is gewoonlik 3-4°C hoër as die temperatuur wat gemeet is deur die Stevenson skerm. Die verskil verminder tot sowat 1°C onder skadu kondisies en wanneer temperature met 33ºC oorskry word.

Dik, nie-transpirasie blare kan 10-15ºC warmer wees as die lugtemperatuur wat gemeet is.

Hoe om Celsius na Fahrenheit om te Skakel

©David Eccles

In Suid-Afrika, word die temperatuur gemeet in grade Celsius (°C). Dit beteken water vries by 0°C en kook by 100°C (by seevlak).

In die VSA word temperatuur steeds in Fahrenheit grade gemeet. Op die Fahrenheit skaal is die vriespunt van water 32ºF en die kookpunt by 212ºF.

Translated by Wilma Koeppen