Transpirasie is wanneer 'n plant water deur middel van waterdamp verloor. In die proses word water uit die plantweefsel verloor in die atmosfeer verplaas. Dit skep omgekeerde druk en moedig die opname van water uit die grond via die plantwortels aan.
Transpirasie is die dryfkrag van water beweging in 'n plant. Soos water verdamp uit die blare, word water uit die grond uit getrek, wat opgeloste voedingstowwe deur die plant vervoer vir fotosintese. Fotosintese is die proses waartydens plante sonenergie, water en gasse soos koolstofdioksied gebruik om sy eie bron van energie (glukose) te produseer. In die proses word suurstof geproduseer.
In die tweede plek is transpirasie nodig om die plant af te koel, soortgelyk aan die mens wat sweet op warm dae om af te koel. Ten slotte is transpirasie nodig om die waterdruk in plantselle in stand te hou. Die waterdruk word turgordruk genoem. Dit help om die selle rigied te hou om die plant te ondersteun.
Water en voedingstowwe word deur die wortels opgeneem deur die plant vervoer. In die intersellulêre ruimtes (die spasies tussen die plantselle) verander water van 'n vloeistof na 'n gas om waterdamp te vorm. Hierdie waterdamp ontsnap uit die plant deur middel van stomata, klein openinge op die plant blaar - soos die sweet porieë op die menslike vel. Die grootte van die stomata beheer die vog verlies van die plant.
Slegs 'n klein fraksie van die water wat deur die wortels opgeneem word, word binne die plant gebruik. Die res gaan verlore deur transpirasie.
Transpirasie hang af van die temperatuur, wind en die verskil van waterdamp druk binne en buite die plant. Die volgende faktore beïnvloed ook die transpirasietempo:
Klimaat
Klimatologiese faktore soos lugtemperatuur, lug humiditeit en wind beïnvloed transpirasietempo. Byvoorbeeld, in droë winderige toestande, sal transpirasie vinniger geskied as op koel klam dae.
Grond
Faktore soos grondwaterinhoud: Hoe laer die grondwaterinhoud, hoe stadiger sal die watertoevoer vloei na die plantwortels. In kleigrond, klein porieë tussen sand deeltjies of sout gronde met hoë soutinhoud, is die tempo van transpirasie laer.
Oes
Transpirasietempo word ook beïnvloed deur die tipe gewas en die ontwikkeling stadium van die gewas. Xerofitiese en droogtebestande plante verminder transpirasie wisselings deur die oopmaak van die stomas in die nag. Dikwels het hierdie plante hare op hul blare om die effek van sonlig en wind te verminder. Sommige gewasse kan selfs stomata toemaak onder uiterste water spannings toestande.
Oes Siektes
Wortelvrot siektes verminder die vermoë van wortels om water te absorbeer en dus verminder dit die tempo van transpirasie.
Beskerming
Plante onder nette blyk minder transpirasie. Dit is as gevolg van beter beskerming teen wind en direkte sonlig, asook die hoër humiditeit onder die nette.
Die tempo van transpirasie in plante kan gemeet word met behulp van verskillende metodes:
Die tradisionele metode is om verskille in grondwaterinhoud op die plantwortels deur instrumente soos tensiometers, weerstand blokke en neutron probes te meet. Transpirasietempo kan ook gemeet word deur die gewig dop te hou van veranderinge in lysimeters met die grondoppervlak wat bedek is met ʼn deklaag om grond verdamping uit te skakel.
Meer gevorderde maniere met die meting van die transpirasietempo sluit instrumente wat ondersoek instel en wat permanent in die grond gesit word met skakels via radio of selfoon na rekenaars sowel as infrarooi afmetings en satellietbeelde.
Om transpirasie in boomgewasse, bv vrugte te meet, is om sapvloei in die stam te meet deur op te let na die verskille in die stam deursnee of deur die plasing van mikro-meettoestelle in of op die boomstomp.
Translated by Wilma Koeppen