Volhoubare landbou is die produksie van gewasse en vee in harmonie met die natuur om natuurlike huplbronne in stand te hou en te bewaar. Die ideaal is om volhoubare boerderystelsels, 'n gesonde omgewing, winsgewendheid en sosiale regverdigheid te skep.
Konvensionele boerderystelsels gebruik eksterne insette soos chemiese plaagdoders, kunsmis en medisyne wat die hulpbronne, wat nodig is vir die produsering van voedsel vir die toekoms, besoedel en afbreek. Hierdie hulpbronne sluit in vars water, gesonde grond, skoon lug en biodiversiteit ('n verskeidenheid van plante en diere wat saamwerk om 'n gesonde omgewing te skep).
Om van konvensionele na volhoubare boerdery te verander, kan boere enige van 'n verskeidenheid van volhoubare benaderings tot landbou in ag neem. Hier volg 'n kort beskrywing van volhoubare boerderystelsels:
Die wêreldwye organisasie, ook bekend as die Internasionale Federasie van Organiese Landbou Bewegings (IFOAM), het organiese boerdery op vier beginsels gebaseer - gesondheid, regverdigheid, sorg en ekologie. Organiese boerdery maak staat op ekologiese prosesse, biodiversiteit en natuurlike siklusse wat aangepas is vir plaaslike omstandighede, eerder as die gebruik van chemiese middels wat toegevoeg word soos plaagdoders, groeihormone en antibiotika. Praktiese toepassings van organiese boerdery sluit in wisselbou, aanplant van dekgewasse en die bemoediging van natuurlike en gebalanseerde gasheer-roofdier verhoudings.
Organiese produkte word amptelik gesertifiseer.
Die term 'landbou-ekologia' het sy oorsprong in Latyns-Amerika en verwys na wat die res van die wêreld noem ‘organiese landbou’. Agroecology word gebruik as beide 'n verligting en aanpassing strategie vir klimaatsverandering. Baie mense sien Agroecology as die filosofie en veldnavorsing na alternatiewe volhoubare boerdery, aangevul deur organiese boerdery wat die praktiese aspek hiervan is.
Biodinamiese landbou is gebaseer op die werk van die Oostenrykse wetenskaplike en filosoof Dr Rudolf Steiner. Sy benadering tot boerdery het beoog om 'n lewende organisme te vorm met die interafhanklike elemente en verhoudings van grond, diere, plante en mense. Hierdie benadering tot boerdery sien die interafhanklik elemente van die aarde en plase as 'n lewende organisme wat ook die ekologie van die ganse heelal weerspieël.
Kernbegrippe van biodinamiese boerdery is die bou en instandhouding van biodiversiteit en 'n lewende grond. Biodinamiese boere in Suid-Afrika moet eers organiese sertifisering bekom en dan aansoek doen vir biodinamiese sertifisering deur Demeter (Biodinamiese Assosiasie van Suid-Afrika).
Bewaringsboerdery is 'n hulpbron-besparende landbou benadering en fokus op drie beginsels. Die beginsels is: minimum meganiese grondversteuring, ten minste 30% organiese grondbedekking en die skep van 'n verskeidenheid van spesies deur wisselbou (eenjarige gewasse) of plantmaats (meerjarige gewasse). Die beweging het begin in Noord-en Suid-Amerika, Nieu-Seeland en Australië en het sedertdien wêreldwyd versprei, insluitend na Afrika.
Die ‘Fair Trade’ (Billikehandel of Regverdigehandel) Beweging het met die koffieplaas werkers in Mexico begin in die 1970's. Die ‘Fair Trade’ handel inisiatief verseker billike handelstoestande en waarborg beter pryse vir kleinskaalse produsente.
In die praktyk verkoop ‘Fair Trade’ produsente hul produkte teen voorafbepaalde en gewaarborgde pryse en ontvang hulle 'n bykomende premie op die prys. Hierdie premie word betaal aan die groep van produsente en kan gebruik word vir gemeenskapsontwikkeling.
Produkte gemerk met die 'Fair Trade' logo beteken dat beide die produsente en handelaars die 'Fair Trade' standaarde toepas.
Die term en filosofie 'permakultuur' is ontwikkel in die 1970's deur twee Australiese bioloë. Permakultuur verwys na 'n geïntegreerde landbou-stelsel wat die natuur namaak en waar al die prosesse in harmonie is. In 'n bos is dit nie nodig om onkruid uit te trek, vir die spuit van insekte, om die bos te bewerk en te ploeg nie, maar die bos kry dit reg om alles wat daar woon te voed.
Die etiek van permakultuur is die sorg van die aarde, sorg van die mense en die deel van produkte, kennis en hulpbronne. Permakultuur gebruik tegnieke van organiese landbou, volhoubare bosbou, tuinbou en die hulpbronbestuur stelsels van inheemse mense.
Translated by Wilma Koeppen