Ui

© Louise Brodie

Wetenskaplike naam: Allium cepa
Algemene naam: Ui
Uie word al eeue lank as voedsel gebruik en ontstaan vermoedelik uit die droë streke van Wes-Asië.

Plant Beskrywing

Die ui is ’n kruidagtige, tweejarige plant van die Liliaceae-familie wat vir sy eetbare bol gegroei word. Die plant het ’n plat skyf as basis en die buisvormige blare vorm 'n pseudo-stam waar die blare oorvleuel. Die blare kan regop of skuins wees en daar is tussen drie en agt blare per plant.

Gebruike

Uie word vir die uiebol gekweek. Volwasse en onvolwasse uie word vars of gaar geëet en gebruik om kos te geur. Hulle word ook ingelê, gedroog en tot ’n soppoeier verwerk. Die plant dien ook as ’n afweermiddel teen insekte wat ander groente aanval.

Grondvereistes en voorbereiding

Uie groei die beste in sanderige tot kleierige, goed gedreineerde grond. Hulle verkies effens suur toestande met die optimale pH-vlak tussen 5,5 en 6,5. Die grond moet tot ’n diepte van 600mm voorberei wees.

Klimaat

Uie kan ryp weerstaan. Gedurende die vegetatiewe groeiperiode benodig uie koel toestande, gevolg deur warm en droë toestande vroeg in die somer wanneer hulle volwassenheid bereik. Die optimale temperatuur vir groei is 12 ° C tot 24 ° C met maandelikse gemiddelde temperature tussen 17 ° C en 29 ° C.
Hoër temperature versnel bolvorming en laer temperature sal bloeisels veroorsaak. Reën in die laat lente en vroeë somer verminder die kwaliteit van die ui. Hierdie weersomstandighede kan moontlik ook veroorsaak dat die ui nie sy gehalte sal kan behou nie.

Daglengte

Uie is sensitief vir lig periodes. Bolvorming word deur die lengte van die dag beïnvloed. Die bol sal eers begin vorm wanner die lig periode waaraan dit blootgestel word, ’n sekere minimum oorskry. Kort-dag uie het 'n redelike kort daglengte vereiste. Dit word aanbeveel om slegs kortdag-kultivars te kweek.

Kultivars

(Kort-dag) Granex 2000, Hojem, Pyramid, Texas Grano, 502 PRR, Early Copper

Translated by Ananda Schoeman