Sy produksie het sy oorsprong in China. Legende het dit dat Keiserin Hsi Ling Shi, vrou van Keiser Huang Ti, ook bekend as die Geel Keiser, sy ontdek het nadat 'n sywurm kokon in haar teekoppie geval het. Die Keiserin was gefassineer deur die sy en is gekrediteer vir die gebruik van die sywurm om sy te spin en die uitvind van die katrol en weeftoestel.
China het die wyse waarop sy vervaardig is vir byna drie eeue lank geheim gehou deur almal wat probeer het om eiers, kokonne of sywurms uit die land te smokkel onmiddellik dood te maak. Handelaars moes ook die gevaarlike Silk Route reis onderneem wat meer as 6 500 km myl gestrek het vanaf die ooste van China na die Middellandse See deur die Takla Makan woestyn en die Pamir bergreeks om sy te koop met die meeste wat net sekere dele van die reis onderneem het.
Verskeie teorieë bestaan oor hoe die sy se geheim uitgelek het. Een is dat 'n Chinese prinses eiers uitgesmokkel het in 'n pruik toe sy getroud is met 'n prins uit 'n ander land. Nog een is dat Chinese emigrante die eiers uitgesmokkel het deur dit saam met hulle te neem toe hulle ander Oosterse lande besoek het.
Die Weste het van sywurms gehoor rondom die 550 C.E. toe die Bisantynse keiser Justinianus twee monnike na Sentraal-Asië gestuur het wat die eiers in bamboes stokke uitgesmokkel het.
China bedryf steeds die grootste sy kultuur gevolg deur Indië. Klein volumes word ook in lande soos Korea, Thailand en Brasilië geproduseer.
Sedert die 1600s is verskillende tipes van moerbeiboom kultivars van Thailand, Taiwan, en Indonesië na Suid-Afrika gebring. In 1726 is sywurms na die land gebring deur die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie.
Sy is toe deur slawe geproduseer en later is 'n poging aangewend om 'n gratis slaaf sy kultuur projek naby Stellenbosch te skep.
Gedurende die laat 19de eeu, het Italiaanse sy kultuur kundiges na Suid-Afrika gekom om 'n sybedryf by Gouna wat naby lê aan Knysna in die Wes-Kaap te begin. Hierdie setlaars het geglo dat hulle in staat is om hul boerdery onmiddellik te begin maar in Gouna was daar geen moerbeibome nie wat beteken het dat die setlaars moes boer met vee en houtkappery ten einde om te oorleef. Die moerbeibome wat uiteindelik geplant is het verval as gevolg van die ongunstige groeitoestande.
Gedurende die 1980s het die Departement van Landbou met 'n sy kultuur projek in Mpumalanga begin. Baie proewe is uitgevoer om die verskillende moerbeiboom spesies en produksie praktyke te toets. In 1994 is die moerbei projek aanvaar deur die private sektor na die regering opgehou het met befondsing as gevolg van die hoë finansiële koste en lae opbrengste.
Een van die enigste oorblywende sy kultuur plase in Suid-Afrika is geleë in Mpumalanga naby Graskop. Die plaas het ongeveer 6 ha onder moerbeibome in 2019 gehad. Die bome word elke 6 tot 8 weke in struike gesnoei om produksie bestuur te vergemaklik. Die bome word afgesaag tot op die grond in die winter en dan spruit hulle weer uit in die lente. Geen nuwe bome is op die plaas sedert 1994 geplant nie as gevolg van die indringer status van die bome.
Terwyl die sywurms wat deur skoolkinders gehou word tot twee groeisiklusse het manipuleer Africa Silks produksie om 'n deurlopende toevoer van sy reg deur die jaar te hê. Volgens Ronel Swart die eienaar van die maatskappy word die eiers verkoel om toe te laat om klein wurmpies elke tweede week te produseer.
Pas uitgebroeide sywurm larwes kry net jong blare omdat hulle kake nie ten volle ontwikkel is nie wat dit moeilik maak vir hulle om op ouer blare te voed. Die wurms word tot vyf keer per dag gevoed afhangende van hul stadium van ontwikkeling. Die larwes begin gewoonlik hul kokonne spin rondom dertig dae nadat hulle uitgebroei het.
Dit neem ongeveer 'n kilogram voer om 50 sywurms groot te maak met een sywurm wat slegs sowat 0,2 kg van sy produseer. Dit beteken dat sowat 4761 kokonne benodig word om ongeveer 'n kilogram van sy te produseer.
Sy word deur die Bombyx mori spesies wat 'n huishoudelike sywurm van die familie Bombycidae is geproduseer. Ander insekte vervaardig ook sy soos die Mopani wurm in Afrika, maar die tekstuur van hierdie sy is anders as dié van die sywurm. Die meeste van hierdie sy word ook in die wild geoes.
Africa Silks verkoop hul verwerkte sy plaaslik en internasionaal veral aan die Europeërs.
Sy het 'n lae digtheid wat dit ideaal maak vir ligte en gemaklike klere. Dit het uitstekende isolasie eienskappe, hou jou warm in die winter en koel in die somer, en is die sterkste natuurlike vesel beskikbaar en dit is waarom dit ook gebruik word om produkte soos valskerms en fiets bande van te maak.
Sy filamente het antibakteriese eienskappe en word op groot skaal in die mediese veld gebruik om arteriële en ander prostese te vervaardig en om wonde en brandwonde te behandel.
Translated by Wilma Koeppen