Suurlemoene

© Louise Brodie

Suurlemoene, wat bekend is vir sy geel buitenste laag en suur smaak, is een van die belangrikste sitrusvrugte wat in Suid-Afrika geproduseer word. Suurlemoen bome word regoor die land gekweek en sleutel produksie areas sluit in die Oos-Kaap, Wes-Kaap, en Limpopo provinsies. Gedurende die winter (vanaf einde Mei tot Augustus in Suid-Afrika) word suurlemoene geoes en na verskeie lande uitgevoer, veral die Verenigde Koninkryk.

Die suurlemoen is 'n gewilde vrug in baie huishoudings as gevolg van sy lang lys van voordele vir gesondheid en nut in die kombuis. Hierdie geharde sitrusvrug word gewoonlik nie in sy natuurlike vorm gebruik (soos lemoene) nie, maar kan gebruik word in sap, souse, soet en sout geregte en ander drankies.

Translated by Wilma Koeppen

Suurlemoen Produksie

Suurlemoene het sy oorsprong in Suidoos-Asië en dié sitrusvrugte is sedert antieke tye vir hul antiseptiese eienskappe vereer....more

Suurlemoene in Suid Afrika

Die Kaapse Rowwe Skil Suurlemoen is die oudste variëteit van suurlemoen in Suid-Afrika. Dit is in 1654 na Suid Afrika gebring vanaf St Hele...more