Somergewasse in Suid-Afrika

© Louise Brodie

Die belangrikste somergewasse is mielies, sojabone, sonneblomsaad, sorghum, grondbone en droëbone.

Mielies

©Louise Brodie

Mielies is een van die belangrikste somergewasse wat in Suid-Afrika geproduseer word. Dit is omdat witmielies een van ons belangrikste stapelvoedsel diëte is, en omdat geelmielies die primêre bron van energie is in kosrantsoene vir die gebruik van pluimvee en suiwel produksie.

Onder normale klimaatstoestande word meer as genoeg mielies geproduseer om na die plaaslike vraag te voorsien en oorskotte word dan uitgevoer na ander Afrika-lande, soos Zimbabwe, Zambië, Mosambiek en Angola, asook ander lande, soos Japan, Iran, Kenia en Venezuela. 

Meeste mielies in Suid-Afrika word geproduseer in die somerreënvalgebied. Die Vrystaat is verantwoordelik vir die helfte van die totale volumes wat geproduseer word, afhangende van klimaatstoestande en marktoestande, gevolg deur die Noordwes en Mpumalanga. Gauteng en KwaZulu-Natal produseer ook aansienlike volumes.

Sojaboontjies

©Courtesy of National Pork Board and the Pork Checkoff. Des Moines, IA USA

Suid-Afrika voer elke jaar groot volumes van soja in die land in, omdat daar 'n groeiende vraag is (spesifiek die middelklas) na veevoer met ʼn hoë proteïen inhoud, en om na die land se behoeftes om te sien. 

Volgens die Buro vir Voedsel- en Landbou-beleid het produksie met 'n gemiddeld van 15% en 20% per jaar gegroei tussen 2009 en 2019 in reaksie op beduidende beleggings in die plaaslike gemaalde sojaboon kapasiteit. Dit sal na verwagting nog verder uitbrei met 2,9% per jaar om tot 962,000 hektaar te bereik teen 2027. 

Klein volumes sojaboontjies word geproduseer regoor die land. Die grootste deel kom uit die somerreënvalgebiede van die Vrystaat en Mpumalanga provinsies.

Sonneblom Sade

©Louise Brodie

Sonneblom sade is een van Suid-Afrika se belangrikste eetbare olie bronne, terwyl die oliekoek gebruik word as 'n bron van proteïen in vee rantsoene. Graan SA beskryf dit as 'n uitstekende wisselbougewas. Dit het die vermoë om te groei op relatief marginale grond en kan ​​vroeë ryp weerstaan. Dit het ook 'n korter groeiseisoen as mielies so kan 'n bietjie later geplant word wanneer dit nodig is, soos byvoorbeeld tydens swak klimaatstoestande.

Dit word hoofsaaklik verbou in die somerreënvalgebiede, met die grootste volumes in die Vrystaat, gevolg deur die Noordwes en Limpopo. Amper geen sonneblomme groei in die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal nie.

Grondbone

Suid-Afrika is 'n netto uitvoerder van grondboontjies, maar voer steeds jaarliks ​​net soveel in as wat ons uitvoer. Die olie wat gemaak word van grondbone (grondboontjies) kan gebruik word vir kook, die maak van grondboontjiebotter of om reinigingsprodukte te maak. Die oliekoek word gebruik in veevoer, kunsmis, antibiotika en om gom te maak. 

Grondbone is 'n belangrike bron van voeding in KwaZulu-Natal en Mpumalanga. Dit word hoofsaaklik geproduseer in die westelike streke van die somerreënvalgebiede, met die meeste van die produksie wat uit die Vrystaat en Noordwes kom. 

Meer as 'n driekwart van die produksie geskied op droë grond as gevolg van die hoë koste van besproeiing. Klein volumes word ook geproduseer in die Noord-Kaap en Limpopo.

Sorghum

©Grain SA

Stygende temperature het tot hernieude belangstelling in Sorghum produksies in Suid-Afrika gelei. Dit is as gevolg van hierdie oes se gehardheid, sy droogte weerstand en 'n lae water vereiste in vergelyking met mielies. Sorghum het baie gebruike, soos vir kos en drank, met net soveel soortgelyke voedings voordele as ander graan. 

Die meeste van Suid-Afrika se sorghum word geproduseer in die somerreënvalgebiede, met Limpopo wat verantwoordelik is vir die helfte van die hele area onder produksie se opbrengs. Groot volumes word ook geproduseer in die Noordwes, Vrystaat en Mpumalanga.

Droëbone

Suid-Afrika produseer nie genoeg droëbone om die plaaslike vraag te voorsien nie. Groot hoeveelhede word dus elke jaar ingevoer uit ander lande, veral China. Hierdie peulgewasse is 'n uitstekende bron van proteïen en vesel nie, en word dus beskou as 'n perfekte plaasvervanger vir vleis. Dit is ook 'n groot wisselbou gewas wat boere help om grondgesondheid te verbeter, en om produksie en mark risiko’s te diversifiseer. 

Droëbone word regoor die land geproduseer, met die grootste deel wat uit die somerreënvalgebiede van die Vrystaat, Noordwes, Limpopo en Mpumalanga kom. 

Translated by Wilma Koeppen