Soetrissie Gewasbestuur

© Louise Brodie

Wisselbou

Soetrissie moet met nie-Solanaceae (aartappel-familie) gewasse afgewissel word om peste en siektes te voorkom.

Opbrengs (ton per hektaar)

Konserwatief: 10 ton
Gemiddeld: 15 ton
Goed: 20+ ton

Oes

Soetrissie word met ’n mes met die hand geoes sodat die rissies omtrent 2 cm van die stingel aanhet. Die groen soetrissies word eerste geoes en die volwasse, gekleurde soetrissies ’n paar weke later. Soetrissie wat verwerk gaan word, word meganies geoes.

Berging

Sodra soetrissies geoes is, moet dit by ’n temperatuur van 8°C - 10 °C en ’n relatiewe humiditeit van 90% gestoor word. Soetrissie moet nie langer as 14 dae lank gestoor word nie.

Plae

Algemene peste is die aalwurm (nematode), snywurm (cutworm), Amerikaanse bolwurm (American bollworm), rooispinmyt (red spider mite), blaaspootjie (thrip) en plantluis (aphid).

Siektes

Algemene siektes is phytophthora, botrytis (botrytis), poeieragtige skimmel (powdery mildew), tabakmosaïek-virus (tobacco mosaic virus), kromnek (spotted wilt), bakteriese verwelk (bacterial wilt), sagtevrot (bacterial rot) en bakteriese vlek (bacterial spot).
Vir die gepaste bestryding van siektes en plae is dit raadsaam om die aanbevelings van u plaaslike landbou-voorligtingstegnikus of u chemiese maatskappy se adviseur te volg.

Translated by Ananda Schoeman