Roobernet

© Glenneis Kriel

Naam

Roobernet

Beskrywing

Roobernet is ’n rooi druif wat in die 1960’s deur Professor Chis Orffer van ’n kruising tussen Cabernet Sauvignon en Alicante Bouschet ontwikkel is. Net soos die Pontac variëteit is Roobernet se vleis en sap rooi en nie helder soos ander rooi kultivars nie.

Oorsprong

Suid Afrika

Ander Name

Geen

Produksie in Suid Afrika

In Suid Afrika word daar sowat 270 hektaar Roobernet in verskeie wynstreke gekry, met die oudste wingerdstokke wat in 1996 in Stellenbosch geplant is.

Produksie Streke

Die grootste Roobernet wingerde word in die Breedekloof (56ha), Robertson (52ha), Swartland (42ha), Paarl (43ha) en Stellenbosch (32ha) areas gevind.

Groei

Roobernet is ’n sterk, regop groeier met ’n opbrengs potensiaal van 8 – 14 ton per hektaar. Die vinnige groei kan met die opstel van ’n prieel beheer word.

Oestyd

Roobernet word net soos Cabernet Franc in die middel tot laat in die seisoen ryp. Die gemiddelde pluk rypheid is 21 - 23°Balling (Grade Balling dui die suikerinhoud in druiwe aan en of dit gereed is om te oes) met ’n suurvlak van 6 – 7g/l.

Blare

Die donkergroen, blink blare is mediumgroot, rond en diep vyflobbig.

Druiwekorrels

Roobernet groei in groot, los trosse en het klein, ronde en donkerswart korrels. Die doppe is ferm, maar lyk verfrommel as dit ryp is en die sap is bloedrooi.

Siektes en Plae

Roobernet het ’n goeie weerstand teen botritis, maar is baie vatbaar vir oïdium (witroes), donsskimmel, streepvlek en tandpyn (houtverrotting). Dit is aan die Suid-Afrikaanse industrie bekend gestel as virusvry as gevolg van die spontane, somatiese embriogenese na die baie streng virus eliminasie prosesse. Dit is windbestand, maar kan sensitief wees vir droogte.

Gebruik

Roobernet kan gebruik word as ’n enkel variëteit rooiwyn, maar word ook omrede die intense kleur in versnitwyne gebruik. Dit is in 2001 deur Fleur du Cap saam met Pinotage gebruik om ’n unieke Suid-Afrikaanse versnitwyn te maak en ook deur Jacques Smit as ’n Roobernet Port bekend gestel. Daar word aanbeveel dat velkontak tydens die fermentasie periode vermy word.

Smaak

Roobernet het in vergeleke met ander rooiwyne ’n ongewone grasagtige karakter, maar daar is ook bessie en neut aksente. Die intense rooi kleur van die sap maak dit ’n baie maklike kultivar om donkerkleurige wyne in koeler klimaatstoestande en medium tot hoë potensiaal grond te produseer. Onder hierdie omstandighede het die wyne Cabernet Sauvignon kenmerke met ’n bessie en grasagtige karakter.Translated by Ananda Schoeman